MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 11
Soek MY aangesig met ‘n heilige gewaad
Soos ‘n dronkaard waggel die aarde om te val en nie weer op te staan nie. EK het dit al by herhaalde kere aan julle gesê: Die tyd raak min en waarmee sal EK jou besig vind in ‘n tyd van nood en dood? Vrees nie die tydings nie, want EK is Koning oor alles en die hele skepping is MY gehoorsaam. Maar vrees die tyding as jou hart nog ver van MY af is en bid in die tyd van nood en dood en EK, as jou Skepper en Verlosser, sal jou sekerlik uitred, want EK laat nie een van MY kinders verlore gaan wat MY in hulle harte aanroep nie. Maar jy wat op jouself staatmaak, kan geen uitredding verwag nie. In ‘n tyd van nood en dood sal slegs die uitroepe van Myne MY ore bereik en EK sal hulle te hulp snel en hulle red. Hulle sal van MY grote Vaderarms bewus raak en kalmte en vrede en rus sal hulle oorspoel, terwyl al die ander soos dronkaards in hulle nood sal rondhardloop en na MY soek. Doof sal EK MY vir hulle hulpgeroep hou en hulle sal steier en val en nooit weer opstaan nie. Die wat MY aanroep voor die tyd van nood en dood sal gered word en sal opstaan tot die ewige lewe, al gee jy ook jou aardse lewe op. Dink daaraan in ‘n tyd van vrede en weet: Die tyd raak min. Soek MY met jou hele hart en jy sal gered word as ander om jou sterf. Sal EK praat en nie MY woord nakom nie? Dit is vêr van MY af om dit te doen. Nooit praat EK sommer in die wind nie en al MY woorde hou grond en sal bewaarheid word. Soek MY aangesig met ‘n heilige gewaad en moenie dat die sonde jou gewaad bevuil nie. Jou Verlosser en Skepper is die een wat dit aan jou sê. Dink daaroor na in die stilte van jou hart en fokus net op MY, jou Vader, wat jou baie liefhet. Dit klink soms of EK hierdie wrede God is, maar EK weet hoekom EK dit doen en as julle met MY verenig word, sal alles vir julle duidelik word en julle sal MY loof met harte wat ontplof van liefde vir MY. Vertrou MY, al gaan dinge soms swaar. Ek is en bly in beheer, al wil die wêreld dit anders laat lyk. Vrees nie die satan nie, want EK het hom al eeue gelede oorwin en hy weet dit. En met haat en woede kom hy neer op dit wat MYNE is, omdat hy dink dat hy MY so sal oorwin, maar hy kan nie, want hy is van sy krag ontneem. Toe hy teen MY gekies het, is al sy krag aan MY teruggegee, want EK is die Kragbron. Maak nie saak wat hy aan almal wil wysmaak nie. Vertrou MY net en hê MY lief. Dis al wat EK vra.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205