MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 14
EK is die Weg, die Waarheid en die Lewe
Daar kom ‘n tyd en julle sal weet as dit aangebreek het. Die see sal in bloed verander en die maan sal verduister as EK die mens aan hul eie lot oorgelaat het. As EK MY onttrek van die aarde en haar bewoners. Slegs ‘n geringe oorblyfsel sal MY woorde onthou en dit ter harte neem en dit sal amper te laat wees. Maar nog sal MY reddende hand hulle uitred wat op die nippertjie na MY vra. Wees nie een van die wat MY te laat kom soek nie, want jy sal die verlossing van die geregverdigdes sien en self sal jy moet agterbly. Dit sal ‘n tyd wees waar mense se harte sal beswyk en hulle sal met leë hande en vuil harte MY hulp kom vra, maar EK sal MY doof hou en slegs die red wat MY betyds liefgekry het en MY met hulle hele hart gesoek het. Die bringer van die dood is naby. As julle geweet het, sou julle nie so sorgeloos voortgegaan het nie. Julle sou julle gehaas het om julle by MY voete te vergader en julle sou gereinig deur MY bloed, MY aangesig gesoek het. Maar julle jaag die wêreldse vreugde na. Dis die een fees op die ander. Geen tyd vir oordenking, want Mammon roep harder as EK. Julle wil nie hoor nie, al sou julle kon, want plesier doof alles uit. Die liggaam, plek van die dood, is belangriker en in stof sal julle versink en klaagliedere sal opstyg uit die doodsbeendere. Moenie sê EK het julle nie gewaarsku nie, dis amper klaar te laat, maar die deur is nog op ‘n skrefie oop. Haas julle na die ingang. Die wat nie weet waar die ingang is nie - kyk net na MY. EK is die Weg, die Waarheid en die Lewe. EK sal julle in veiligheid bring, terwyl die aarde ‘n klaaglied sing. EK sal julle in MY arms wegdra en niemand sal julle pla daar waar EK julle heen vat. En vars soos ‘n blom sal julle MY nuwe geslag wees wat MY sal dien en die hele skepping sal weet julle het MY nie vergeet, daarom kom EK julle red. Niemand sal verlore gaan wat MY aanroep nie. Nie eers ‘n haar sal val as EK julle behoed nie. Moet daarom nie die slang en sy gebroedsel vrees nie, want hy is magteloos. HY is soos ‘n brullende leeu wat wag om te verslind en in sy haas gaan hy probeer om een van MY kinders te vreet, maar snel soos ‘n pyl uit ‘n boog sal EK tussenin tree en hom die nekslag toedien. En EK sal hom verwond en hom in die poel werp, waar hy vir lank sal moet sit, omdat hy sy hand aan MY kind wou slaan. Hy sal brul van pyn, want waar EK slaan sal ‘n oop wond wees wat nie maklik genees. En hy sal sit vir ‘n ewigheid en aan sy sonde moet hy dink - dat hy sy hand teen een van MYNE verhef het. Daarom is dit beter om MY te soek, want alle krag en sterkte gaan uit MY uit en jy is veilig in MY Vaderarms. Wees gerus, jy sal lewe en nie sterwe. So maak jou keuse en maak hom gou, want die groot doodmaker is op pad. Julle Vader wat na julle roep, sê die belangrike dinge aan julle.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205