MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 16
Moenie My Heilige Gees bedroef nie
Gees is ‘n term waarvan mense min weet en hulle besef nie dat hulle van Gees uitgekom het en tot gees sal terugkeer nie. Die aardse liggaam is van stof aanmekaargesit en MY asem, wat MY Gees is, het EK in hulle ingeblaas. Daarom is dit ‘n vergryp teen MY Gees as iemand in sonde leef. So ‘n mens besef dan nie dat hy die Heilige Gees in hom bedroef nie. MY Gees trek HOM dan terug en kan daarom vir hom van geen nut wees nie. Die mens is geneig om homself as regverdig voor te hou, maar MY Gees binne hom kla hom gedurig aan. Wees daarom bly as jy jouself gedurig betrap waar jy jouself ondersoek, want dit is MY Gees wat binne jou ontwaak het en jou aanspoor tot verbetering. Menig mens het al MY Gees in hom gesmoor en kan dus nie meer verbeter nie. Kyk maar na die mense om jou. Niemand gun mekaar iets nie en hulle voel ook nie eers skuldig as hulle hulle naaste tekort gedoen het nie. Maar te bly as niemand dit agter kom nie en sou iemand dit agterkom, sal dit die grootste bakleiery uitlok wat jy nog gesien het. Daarom dat die hofsale so vol is. Niemand gee ag daarop dat die Stem in die binnekant, wat ons die gewete noem, stil geword het nie. Dit is een van die redes dat EK besoeking oor die aarde kom doen. Omdat MY Stem vergeefs roep en roep en niemand meer antwoord gee nie. Dink daaraan en let op en luister of jy nog MY stem kan hoor of dink jy jy is regverdig voor MY Aangesig? Die mens wat geregverdig voor MY Aangesig is, is die een wat MY kom soek en sy sonde aan MY bely sodat EK hom kan vergewe. Dan eers is hy ‘n regverdige; as EK hom met MY bloed afgewas het en hy rein is deur MY bloed.
Kom vra gedurig vergifnis vir jou sondes en EK sal jou barmhartigheid bewys en MY Gees in groter mate oor jou uitgiet. Maar niemand moet ooit dink dat hy regverdig is uit homself nie, want EK alleen maak regverdig. Bedroef daarom nie MY Gees nie, sodat EK nie MY Gees van jou sal onttrek nie en jy in die ewige put afdaal nie.
Al MY liefde vir MY kinders wat MY in alle erns soek.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205