MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 23
Die naaste. Die doop
Daar is vandag ‘n paar dinge wat EK julle op die hart wil druk. Die eerste is: Wie is jou naaste? Die naaste was al jare ‘n strydpunt in menige mens se hart. Is dit die man wat langs jou op straat loop of die bedelaar wat om kos kom vra? Wie is dit? Die vraag is baie elementêr en kan in die volgende sin beantwoord word. Elkeen wat minder as jy het is jou naaste. Dit is natuurlik in jou eie volk. Ander volke is nie nou ter sprake nie. Die persoon wat kom vra is jou naaste en jy is weer die naaste van iemand wat meer het as jy. Afgesluit. Die volgende is weer die doop. Moet mens met water gedoop word? Nee, dit is ‘n ritueel wat deur mense uitgevoer word wat vir MY geen betekenis het nie. Wat kan water aan jou sieleheil doen? Dit is die doop met MY Gees wat belangrik is. Wat help dit jou dat jy in ‘n bad geklim het en met water afgespoel is? Is die sonde nou uit die hart gereinig daardeur? Nee, stellig nie. Dit is net EK wat kan reinig en jy word deur MY gereinig. Deur MY Seun wat die Wysheid is, deur MY wat die Liefde is en deur MY Gees wat die Krag is. Nie deur krag (menslike krag) of deur geweld nie, maar deur MY Gees, het EK gesê en niks wat ‘n mens met uiterlike gebare doen, kan iets daaraan verander nie. Die norm van vandag waar daar ‘n klomp mense gelyk in ‘n swembad klim om die sogenaamde doop te ontvang is vir MY ‘n gruwel. Dit is net in jou hart waar jy gedoop kan word. My Gees is nie uiterlik nie, maar werk diep innerlik. Dink daarom nie dat jy nou gered is as jy deur water gedoop is nie. Die doper is in elke geval nie deur MY geroepe nie. As hy was, sou hy geweet het wat die ware doop is. Streef daarna om deur MY Heilige Gees gedoop te word. Dit is die redding vir jou siel. Word MY waardig, sodat EK met MY Gees kan kom en jou vul, dan is jy volwaardig gedoop.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205