MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 26
Opvoeding van kinders
Die onderwerp waaroor ons nou gaan gesels, is die opvoeding van kinders. Meeste van julle wat MY woorde hier lees, het kinders. Die kind is ‘n skepsel wat aan volwasse mense toegeken word sodat hy omvorm kan word tot ‘n grootmens wat MY waardig is. Ongelukkig het kinderopvoeding in die niet verdwyn in die meeste gevalle. Die ouers dink dat deur vir die kind alles te gee wat hy begeer, hy die kind van sy liefde vir hom of haar oortuig. Niks is meer verwyderd van die waarheid nie. Die kind is, net soos sy ouers, ‘n mens van vlees en bloed en daarom kan sy siel ook verknog raak aan aardse plesiertjies. Speelgoed is vandag gemik daarop om die kind se siel met geweld te skaad. Die ouers is so oningelig, dat hulle nie besef wat hulle kinders doen nie. Daar is vandag demoniese speelgoed vrylik op die rakke beskikbaar en menige kind het so iets uit die bose in sy kamer. Waar kan MY Gees plek kry in so ‘n kind se hart, as hy al van kleins af sy lewe en strewe met demone deel wat niks vir die kind voel nie? Hulle is daarop uit om nog een vir die hel te verwerf en sonder dat die ouers dit besef, gee hulle, hulle toestemming, want hulle is verantwoordelik vir die kind se opvoeding. Dit is onder andere van hulle waar daar gepraat word, toe EK gesê het dat ‘n meulsteen om sy nek gebind moet word. Dit is beter dat die ouer alleen in die verderf gaan as dat hy die kind saam met hom trek. Kinders is kosbare wesens, wat ook MY kindertjies is. Hulle is nie die eiendom van die ouers alleen nie en is daarom ‘n baie groot verantwoordelikheid. Moenie dink dat jou kind sy eie sieleheil moet uitwerk nie. Dit is jou, as ouer se plig om hom of haar dit daagliks in te skerp oor die verantwoordelikheid wat hy of sy teenoor MY het. Hoe kan jy verwag om ‘n kind eers in sy vroeë tienderjare van MY te leer, terwyl hy klaar gevorm is? Skerp dit hom in, elke dag en sonder ophou moet jy vir jou kind bid, want die wolwe en jakkalse daarbuite lê en loer op vars bloed wat hulle kan verslind en angstig wag hulle op nog ‘n siel wat hulle saam met hulle kan aftrek na benede. En as hulle eers benede is, hoe gaan jy as ouer dit regkry om hom daaruit te kry? Die bose is baie feller op kinders as op volwassenes, omdat hulle maklike prooi is. As die kind eers eenmaal die oortreding begaan het om van MY afvallig te word, is dit baie moeiliker om hom tot besinning te laat kom, omdat kinders nog nie die verantwoordelikheidsbesef het wat ‘n volwassene het nie. Daarom is dit belangrik om ‘n kind van geboorte af aan MY op te dra en EK sal MY Hand oor hom of haar hou in sy grootword proses. ’n Kind moet leer om rein te speel van kleins af, deur vir hom speelgoed te gee wat hom van MY leer bv. blokkies. Dit leer hom dat daar ‘n sekere orde in MY skepping is en ook om konstruktief te wees en nie destruktief nie. Hy leer ook van swaartekrag en die ouer moet aktief met die kind speel en hom vertel van MY skepping terwyl hy speel. Dan sal julle kinders welgevallig wees en ordentlike volwassenes word. Hou enige speelding weg wat daarop gemik is om die kind van ydelheid te leer. Dogtertjies word ongelukkig baie gou van ydelheid geleer omdat mamma haar altyd optof en van kleins af word daar grimering aan die onskuldige gesiggie gesmeer. Die klem word dan al klaar op die uiterlike gelê en binnekort sal sy begin oplet na haar maats se kleredrag en hare en sy sal haarself met hulle vergelyk. Is hulle nie mooier as sy in haar eie oë nie, word hulle dit in geur en kleur vertel wat dan weer ‘n reaksie by hulle ontlok. Hulle probeer dan om haar te oortref met mooier klere as sy en dit wek wederkerige jaloesie. As sy besef een van haar maats is mooier as sy, is die gort behoorlik gaar. Ma en Pa moet dan net geld uithaal sodat sy beter besittings kan hê as haar maat. Dit is ‘n euwel van vandag dat ouers met hulle mooi kinders wil spog. Die dom ouers maak van hulle kinders opregte duiwels wat geskik is vir die hel, nog voor hulle ses jaar oud is. Hou op om jou kind vol te pomp met aardse ydelheid. Skoonheidskompetisies is reg uit die hel en is net daarop uit om die kind se selfbeeld te bederf, want die kind wil altyd die mooiste en maerste en bes geklede persoonlikheid wees. Niks van MY is daarin te bespeur nie. Skoonheid is NIE ‘n talent wat nie onder ‘n maatemmer weggesteek moet word nie. Verberg eerder jou kind se aardse skoonheid en leer hom of haar dat die werklike skoonheid die gees binne hulle is. Dan sal julle kinders welbehaaglik voor MY aangesig wees en EK sal kom met MY seën. Die kind wat MY welgevallig is, is ‘n reine onskuldige kind en EK kan hom/haar maklik met MY Gees vervul en dit kan net vir hom/haar ‘n aanwins wees op die lewenspad wat voorlê. Hê julle kinders in MY lief en nie in die wêreld nie en hulle sal julle tot seën strek.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205