MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 28
“Ek gee en Ek neem”
In die begin was die Woord en die Woord was by My en die Woord is ek. Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Wie op My wandel, wandel die Weg na die Ewige Lewe. Wie verkies om sy eie weg te gaan, gaan op ‘n pad van dood en doodskaduwees. Wie na My soek, sal my vind, so seker soos wat die son daarbuite skyn. Soek na My terwyl Ek nog te vinde is en ek sal My nie vir jou verberg nie, want Ek is ‘n God van uiterstes. Daar is niemand wat My kan vind as Ek My verberg nie, en as Ek my laat vind, is Ek so helder soos daglig, so ver en so naby. Dit laat ‘n mens dink aan die golwe van die see. Die een oomblik is jy so hoog dat jy myle ver kan sien, net om die volgende oomblik so laag te wees dat jy vrees om verswelg te raak. Die mens is in sy bestaan op aarde net soos die see. Die een oomblik is sy hard vol van my lof en die volgende oomblik voel hy verlate soos ‘n ontblote kus waarvan die water myle ver teruggetrek het. Die hart is die strand, wat vol word van my lof, net om die volgende oomblik leeg en verwyderd van My voel, maar die See (Ek) sal bly bestaan en in sy deinings sal hy nooit rus nie. Hy is altyd besig om een kus vol te stoot en op ‘n ander kus sy water terug te trek. Maar kan My liefde ophou? Is daar begrensing vir My mag, krag, liefde of bestaan? Kan Ek ooit die skepsels wat Ek gister geskape het, vandag verlaat of vernietig? Wat dink julle van My mag? Dink julle dat Ek nie ‘n ewige God is wat kan maak en breek soos Ek wil nie? Dan maak julle ‘n groot fout, want Ek is die Enigste, Eerste, Laaste en Grootste. Daar is niemand wat by My kan kers vashou nie. Ek gee en Ek neem. Ek kan en Ek sal en Ek mag, want in My hande lê alles. Van ‘n klein weerlose voëltjie tot ‘n magtige hoop waters/volke. Dink nie dat ek in iets beperk is nie, want dan onderskat julle My deeglik en Ek is deeglik. As Ek iets doen, doen Ek dit nie half nie – Ek gaan voluit – tot die einde. Maar in My mag is Ek so sag soos die môredou op ‘n pragtige roos. Ek is rein soos die eerste strale van die son op ‘n blink gerypte grasperk. Ek is mooier as die mooiste blinkende water en Ek is liefde. Meer liefde as Ek, is nêrens te vinde nie. Liefde wat alles oortref, liefde wat vir niks stuit nie. Nie eers die dood nie. Liefde wat heel, streel en die sag en die seerste seer in sagte genade omskep. En vir julle, My volk, is Ek daar en Ek sal nooit ophou om My Gees oor julle uit te giet in tye soos nou nie. Ek sal nie My hand van julle af wegvat nie. Ek sal julle nie verlaat nie. Al het julle My tien keer verlaat, sal Ek by julle bly staan. Want Ek is getrou, seker soos die son wat oor julle hoofde skyn. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Die Enigste, Grootste, Ek Is wat bestaan tot in ewigheid, wat was van ewigheid af en wat julle reinig sonder om weer na julle sondes te kyk. Wees My liefdevolle hart waardig en laat My toe om julle te reinig, sodat julle weer vir My ‘n lus vir die oog en ‘n waardige las vir My siel kan wees. Ek Is, sê die woorde aan julle, My geliefdes en tere bemindes. Dink aan My dag en nag en julle sal My vind.
Tot in ewigheid YAHWEH.
Al My liefde
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205