MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 30
“Liefde weerhou die uitsterf van spesies”
Daar is opregtes in elke groep in die samelewing: Opregtes skelms, opregte boewe en opregte rowers. Dan is daar natuurlik die opregtes van hart wat My na aan die hart lê. Ek wil eerlike opregte harte hê, sodat Ek daar kan tuisgaan. Ek wil my woning in ‘n opregte hart maak. Maar daar is uiters min opregte mense te vinde wat My welbehaaglik is. Hulle is letterlik so skaars soos hoendertande, soos julle daarvan hou om te sê. Die ware opregte wat na My soek, het saam met die Dinosourusse verdwyn. Daar is nog hier en daar een te vinde in die onherbergsame gebiede van Afrika. Net so is die opregtes van hart, in ‘n wêreldsee van mense, ‘n rariteit. Ek hoop dat jy wat hier lees, een van die skaarse spesie is. As jy nie is nie, beter jy gou ‘n plan maak, want die spesie is besig om gou uit te sterf, weens ‘n gebrek aan liefde in die binneste van die hart. Eerlike, opregte liefde is die sekerheid wat die spesie nodig het om te kan voortbestaan. My liefde is so groot dat dit nie gemeet kan word nie. Kyk om jou heen en jy sal sien dat My liefde alles onderhou – ‘n definitiewe bewys daarvan dat liefde die uitsterf van spesies weerhou. Bring daarom die liefde in jou hart in en jy sal voortleef sonder om uit te sterf. Dink hard en diep daaroor na en jy sal die wysheid daarin raaksien. Die Wyse, Alleen Magtige sê dit.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205