MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 31
“Soek net na MY vriendskap”
In en om MY skepping is daar sekere dinge wat julle nie kan sien nie.Daar is baie geheime wat vandag se wetenskaplikes nooit sal uitvind nie, byvoorbeeld die samestelling van die wolke. Wolke bestaan uit sieledeeltjies wat nog baie “rou” is. Hulle is lae geeste wat MY nog nie heeltemal ken nie. Daarom is dit belangrik om MY met aandag en liefde te soek, sodat jy dit maklik sal verstaan. MY skepping is ‘n uitvloeisel van MY mag. EK skep nie sonder ‘n doel nie. Daar is ‘n doel met alles. MY skepping is sonder foute en dis net die mens wat ‘n fout daarin wil raaksien. EK is Almagtig en verhewe bo enige menslike kritiek. Oral waar daar slim geleerdes is, word MY skepping, of Woord, gekritiseer - tot die mens se liggaam. Liggame is nooit perfek genoeg nie. Die een is te vet en die ander is te maer. Niemand se lengte is vir hom ooit reg nie. Mense kritiseer mekaar na hulle uiterlike, want die innerlike kan hulle nie sien nie. En omdat hulle die innerlike nie kan sien nie, word hulle om die bos gelei deurdat hulle vir mekaar kan lieg en bedrieg. Julle is ‘n heilige volk vir MY; die nageslag van konings en koningskinders en daarom is julle MY uitverkorenes en EK wil julle bevry en uitred. Uiterlik lyk MY volkie sorgeloos, maar in die binnekante van hulle harte sal julle vrees vir die toekoms vind. Dit is julle almal wat by MY bly se voorreg en geluk - dat julle vrede kan hê oor die toekoms. Julle is almal vol wêreldse stryd en niemand het al die wêreld net afgelê nie. Almal sukkel nog om die aardse af te lê. Julle geestelike oë sal niks mis nie en in julle heldersiendheid sal julle MY loof, want EK skep die mees wonderbaarlike dinge om jou. Selfs as jy jouself kon sien, sou jy verwonderd staan oor hoe jou innerlike siel lyk. Vrees (respekteer) MY en soek na MY, dan sal jou geestelike oog oopgaan tot heil en redding van jou siel. Jou siel is kosbaar in MY oë en daarom wil EK hê dat jy al jou sondes aan MY moet gee. En jy sal verlossing vind en jou gebeente sal rus vind by MY, jou Enige, Ware Verlosser en Vriend. Soek net na MY vriendskap
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205