MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 32
“Kom vra vir MY en EK sal julle ‘n antwoord gee”
Die ware gelowige dien MY, sy Skepper en troue vriend uit die diepte van sy hart en daarom kan daar nooit skeiding tussen ons kom nie. Op die oog af lyk dit of daar verwydering tussen ons plaasvind, maar dit is in feite net ‘n toets wat oor daardie mens se lewe kom. Die mense aan die buitekant ervaar dit as ‘n hele gedaanteverwisseling wat in daardie persoon plaasvind. EK as Magtige Skepper en Verlosser verberg MY aangesig nooit vir MY kinders nie. Hulle sal MY altyd vind, as hulle opreg na MY soek en in tye van nood is hulle nooit op hulleself aangewese nie, al voel dit soms so. Daar is die onder julle wat twyfel in MY beheer van dinge om jou. Dinge lyk sleg en dit lyk of EK as Vader dit net los om skade aan te rig. Dit is egter nie so nie. In MY heelal is daar nie nog so ‘n plek soos die aarde nie en net hier kan die satan maak soos hy wil. Dit is die voetbank van sy voete gemaak, sedert hy die wêreld oorgeneem het. EK is nog steeds in beheer en MY kinders kan hy nie skaad nie, want julle staan onder MY beskerming. Kom skuil net onder MY vleuels en alles sal vir julle duidelik gemaak word. Die mense onder julle wat van sekere gawes voorsien is deur MY Magtige hand, is net so onder MY vleuels soos al die ander mense al is julle in die kollig. Vrees nie die aanvalle van die bose nie, wat julle wil onderkry en wil keer dat julle vir MY werk. Julle verstaan nie alles nie, maar kom vra vir MY en EK sal julle ‘n antwoord gee. Julle sal verduidelikings kry op al julle vrae. Wees nie bevrees of verskrik nie, want kyk, EK red jou en hou jou vas, sodat die bose satan nie ‘n oorhand oor jou kan hê nie. Die satan is verdorwe en in sy mag dink hy dat hy mag oor MY kinders ook het, maar hy het nie. Vrees nie die oordeel oor die duisternis nie want EK is met julle om julle vas te hou en uit te red. Kom skuil net by MY, julle Redder op die wit perd en nog voor die bose mag ‘n houvas op jou het ,sal EK jou red en beskerm. Vrees nie die aangesig van gevaar nie, want EK het dit alreeds oorwin en voor jy mooi weet wat gebeur, is jy al gered deur MY, jou Losser en vriend. Julle moet net wakker wees vir enige aanval en dit aan MY opdra wat julle te hulp sál snel in ‘n tyd van nood en dood. Vrees nie die toekoms nie en dink daaraan dat EK altyd in beheer is en nie die satan of ‘n mens nie. Die mens is in sy mag beperk tot sekere dinge en net EK kan die onmoontlike verrig. So wees MY indagtig en EK sal jou red van doods- en sondegevaar. Jy sál nie val nie. MY reddened Hand is om jou - bo jou, onder jou, links van jou, regs van jou, voor jou en agter jou en die beste van alles – binne-in jou. Jy sal bevry word van die knellende laste en vir MY sal jy opstaan sodat EK jou kan vul met MY Gees en jy vir MY ‘n bruikbare artikel word. Geen mens het nog ooit gesien wat EK berei vir die wat vir MY stry op aarde nie en hulle sal krag ontvang om aan te gaan in tye van groot duisternis en dood. Wees MY net getrou in julle aanbidding en Liefde en alles sal vir julle reggemaak word. Dit sal volbring word in die Naam van JaHshua van die leërmagte.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205