MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 33
“Dink altyddeur aan MY”
Dink aan MY in die dag van nood en dood, het EK gesê aan die wat MY liefhet. Maar dink nie net aan MY in die aangesig van gevaar nie. Dink altyddeur aan MY. EK wil uitred voor die vyand sy aanslae begin. Jy moet MY in jou hart dra, voor die groot en deurlugtige dag van MY, julle Vader en Skepper aanbreek. Dink nie dat julle gered is deur af en toe kerk toe te gaan of om MY so af en toe in julle harte aan te roep nie. EK wil uit die diepte van jou hart aanbid word. EK wil bemin word en EK wil jou hele lewe hê, want dit is MYNE. Dit kom uit MY en na MY sal dit terugkeer om weer een met MY, die groot Gewer van lewe te word. Hoe gouer jy jouself aan MY teruggee, hoe groter word jou saligheid en in die aangesig van gevaar sal jy niks hoef te vrees nie, want Ons is Een. EK wil dag en nag jou liefde hê en sonder ophou moet jy vir MY bid om krag en barmhartigheid wat aan jou geskenk sal word deur MY, Die Groot Gewer. Dink nie dat die krag uit jouself uitkom nie. Dit kom enkel en alleen uit MY en niemand is teen MY opgewasse nie. Julle moet MY nie verlaat nie, want EK wil net julle liefde hê en julle sal net baat daarby vind om MY lief te hê, wat SY Lewe vir julle afgelê het. Sonder MY kan niemand sy aardse baan volg nie. Dit is enkel en alleen EK wat julle in stand hou met MY ewige Liefde. As EK ‘n onvergewende GOD was, sou EK al lankal al die hele skepping verwoes het, weens die groot sonde teen MY. Maar nou het EK begrip vir julle as mense en vra net julle liefde om julle te kan omvorm tot nuwe wesens wat MY waardig is. Julle liefde is vir MY van kardinale belang en soos ‘n jaloerse bruidegom wil EK oor julle waak, sodat julle nie van MY afvallig raak nie. EK is ‘n jaloerse EL en EK sal nie met MY laat speel nie. EK wil julle hele oorgawe aan MY hê. Dink nie dat EK tevrede is met die oorskot van julle liefde nie. Liefde is MY “kos” en julle is MY “gereg”. EK wil julle in MY arms koester en julle in veiligheid bring en sonder dat julle dit weet het EK julle nooit vergeet vanaf die eerste oomblik dat julle vanuit MY gegaan het nie. Julle is kosbare pêrels in MY oë en EK het alreeds MY lewe vir julle gegee. Daarom moet julle, julle aardse lewe ook vir MY gee, sodat EK met MY Gees kan kom en julle oorneem en tot liefde omvorm. Dit beteken: lê alle wêreldse plesier voor MY voete neer, sodat EK plesier in julle kan vind.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205