MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 34
Die Boodskapper. Die Aarde gaan wankel. Beloftes van JaHshua
In die dae wat sal kom sal EK MY boodskapper stuur en hy sal MY woord volbring. Hy sal in MY opdrag, MY hele Sionskaar bymekaar roep sodat EK hulle almal kan versamel. Dit is die einde van tye wat dan aangebreek het. Julle het nie ‘n idée hoe dinge op aarde dan gaan versleg nie. Oorlog en dood gaan aan die orde van die dag wees en daar sal ‘n geween wees soos nog nooit tevore nie. Niemand sal dit ontkom nie, want die katastrofes sal almal raak. Almal sal iets verloor. Al is dit net sy huis en goedere, maar hy sal iets verloor. Maar aan die wat getrou op MY koms wag, wil EK sê: Wees nie bevrees of verskrik nie, want EK, julle Verlosser, het julle alreeds verlos en niks wat julle verloor sal julle skaad nie. Dit sal ‘n aanwins vir die siel wees en dit sal julle geeste verryk. Geeneen van MYNE sal eers ‘n haar verloor nie, want EK sal met julle wees elke oomblik van julle lewe en ook al loei die winde en verduister die son, is EK daar. Julle hoef nie te vrees nie, want solank EK in beheer is, sal alles ten goede vir julle meewerk. Dit sal die lot wees van almal wat MY liefhet en MY in hulle harte dra. Wees daarom nie angstig en vreesagtig nie en vertrou MY ten volle, want daar staan geskryf dat die wat op Jahshua wag nuwe krag kry en EK IS JASHUA, DIE EWIGE EK IS, wat die storms gebied en die see in beroering bring en die see kalmeer asof hy nog nooit ‘n deining gehad het nie. So groot as wat die aarde is, sal hy skud en beef en daar is niemand wat homself sal kan eien oor sy posisie op die aarde nie. Dit sal geweldig wees as Moederaarde haarself gaan regskud vir MY koms en groot gaan wees die ontnugtering van die heidense volkere wat MY misken. Die in julle volk wat MY misken, mishaag en siek maak met al julle verfoeisels wil EK sê: ”EK is vir julle ook ‘n Verlosser, maar as julle, julle nie bekeer van julle sondes en na MY Vaderarms toe terugkeer nie, gaan dit ‘n tyd wees wat julle nooit sal vergeet nie - as EK kom om af te reken met die goddelose. As jy jouself liefhet met die gesonde eieliefde, wat EK aan elkeen toegeëien het, kom dan na MY, sodat EK jou kan reinig en jy deur MY gered kan word in die groot dag van MY, die Enigste en Eerste, Volmaakte en Eindelose, wat alles in MY mag het, en EK kan red wie EK wil red. En EK kan wegvat die lewe wie MY nie behaag nie. Wees nie ydele sprekers wat ander alternatiewe metodes soek om gered te word nie, want EK ALLEEN is die Redder.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205