MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 37
EK is net dit wat die mense MY wil hê
MY kinders dink soms dat hulle alleen gelaat word deur MY, hulle Elohim en Skepper, maar niks is verder verwyderd van die waarheid as reeds dit nie. Hoe kan EK jou verlaat as jou hart die tempel is waarin EK woon? Baie mense wil MY nie daar hê nie, maar is tog enkelinge wat MY pal by hulle wil hê. Hulle wil MY as ’n rotsvesting en Skuilplek hê. En EK is net dit wat die mense MY wil hê. EK is ‘n rots vir die wat MY so wil hê en ‘n bergvesting in die dag van onheil. Maar vir die wat MY wil hê as herder is EK ‘n Herder. Dan is daar die wat in MY net ‘n steunpilaar wil hê. Dan is EK een vir hom. Vir ander moet EK ‘n regverdige, vergewende God wees. Maar die beste vir MY is, as iemand MY as sy als wil hê. As iemand MY wil hê met sy hele hart en sy siel en gees. As hy in sy hart brand vir MY en ‘n gevoel van gemis kry omdat hy nie arm-in-arm met MY kan stap nie. As hy/sy verlang om in MY oë te kyk en MY ‘n kus van liefde te gee. Hy sal MY eendag alles gee waarna hy verlang het op aarde en EK sal hom beloon vir sy verlange na MY. Wees egter versigtig hoe julle MY vir julle voorstel, want net so sal EK aan jou verskyn. ’n Almagtige Elohim wat vergeld, gaan ook vir jou vergeld, want jy is nie van sonde vry nie. Julle is geneig om MY as `n kwaaie en streng Vader voor te stel, maar EK is ‘n Liefdevolle Vader wat vergewe en EK wil hê dat julle die vrymoedighid moet hê om na MY te kom, sodat Ons EEN kan word. Baie wil MY net hê vir die voordeel wat EK kan bring, maar vir hulle wil EK sê: Julle kan MY nie net gebruik nie. EK is nie vir gebruik hier by julle nie. Want julle gooi MY weg as julle, julle sin gekry het. Wees nie só met MY nie, want EK dra julle dag tot dag. Die hele lof en eer kan aan MY toegeskryf word. Selfs aan jou wat nou hier skryf wil EK sê: Wees MY waardig deur jou lewe en EK sal by jou tuisgaan. Moenie slaap as jy jou werk vir MY moet doen nie, want jy kan dalk in ‘n ewigheidslaap ingaan, waar jy baie moeilik uit sal kom. EK sal aan jou wys wanneer jy kan gaan slaap of nie. Dink daaraan en word wakker.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205