MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 41
EK is die Skeepsman wat elke boot bestuur
Dit is ‘n verkeerde ding om te sê dat alle paaie na die dood lei. EK is ‘n Almagtige EL en kan maak wat EK wil. Daar is niemand wat MY kan keer in MY Mag en wil nie. As daar iemand is wat sy paadjie wil verander, kan hy in die liefde en ootmoed na MY kom en EK sal hom help om van rigting te verander. EK is die Skeepsman wat elke boot bestuur en EK sal die boot lei na veiligheid tot teen MY kus. As daar iets is in die lewe wat jou pla en jy weet nie hoe om dit te verander nie, kan jy net na MY kom en EK sal jou lot verander, sodat jy gelukkig sal wees in jou doen en late. Maar jou lewe moet MY welgevallig wees. EK sal nie in aardse sonde jou weg vergemaklik nie. EK sal nie met die vuil in ‘n mens se lewe deel nie. Dit wat jy vra, moet ernstig en eerlik wees. Geen negatiewe versoeke sal EK beantwoord nie. EK sal níe luister as jy MY vra om jou naaste skade aan te doen nie. Dit moet ‘n eerlike, onbaatsugtige versoek wees, want EK is rein en deel nie met die onreine nie. Wanneer iemand MY so in opregtheid iets kom vra, sal EK alles verander sodat hy tevrede kan wees daarmee. EK wil in alles geken word. EK wil bemin word in goeie en slegte tye en daarom bring EK slegte tye as ‘n toets oor die mens. Maar die wat MY liefhet, sal die toets deurstaan en EK sal hulle gelukkig maak - al is dit dalk eers in die lewe hierna. Moenie vrees of twyfel nie, want EK is altyd daar en wie weet of EK nie jou smart in vreugde sal verander as jy MY aanhoudend en in vurige liefde kom vra nie. By MY is alles moontlik - tot die opwekking uit die dood. Dink net altyd aan MY en wees nie bekommerd oor die dag van môre nie, want EK het môre al oorwin. En jy MY liewe skryfkneg, EK weet wat jou sorge is. Moenie bang wees nie, want alles sal goed uitloop. Vertrou net op MY en moenie vrees nie, want EK is met jou elke dag, op elke tree wat jy gee. Gee jou sorge vir MY, sodat EK dit kan dra en jy sal juig in plaas van bewe. Al MY liefde aan al MY knegte. Julle Vader JAHWEH, wat julle baie liefhet, bring hierdie boodskappe aan julle. Moenie dink dat hierdie Woord uit ‘n mens kom nie, want ‘n mens se woorde het geen krag. Let op jou hart en jy sal voel hoe EK met jou spreek sonder ophou en sag soos die reën, maar hard soos ‘n donderslag.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205