MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 45
`n Wolk van beskerming vir ons aangebied
Dit was in die derde eeu na MY geboorte as mens op aarde dat die volgende insident plaasgevind het. Daar was ‘n man genaamd Markus, van Sirene afkomstig. Hy was ‘n man met ‘n redelike opvoeding in MY, maar sonder die ware, egte brandende liefde vir MY. Daar is nou nog sulke mense op aarde. Hulle is deur hulle ouers van My geleer, maar dit is waar dit eindig. Geen brandende begeerte na MY nie. Maar terug by Markus. Hy was op pad om een van sy stoetbeeste te verruil vir kalwers van ‘n ander beesras. Hy het intensief met beeste geboer sover dit moontlik was in daardie tyd. Hy was ‘n boer van hart en ‘n boer van beroep, net soos sekeres in julle land vandag. Markus was nog ‘n hele ent van sy bestemming toe daar ‘n vreeslike gevaarlike weer opsteek en baie dreigend het die donderweer gevaarlik naby aan hom geslaan. Die bul is noodlottig getref en die bees het net daar op die pad bly lê. Daar naby was ‘n grot, sigbaar van die pad en vervaard en kwaai geskok het Markus daarin gaan skuiling soek, net om te vind dat ‘n vreesaanjaende beer ook dieselfde plan as hy gehad het. Markus is weer met ‘n groot gejuig die grot uit net om homself weer in die doodsgevaarlike donderstorm te bevind. Daar was geen ander uitkoms vir hom nie. Hy het net ‘n rigting ingeslaan en gehardloop in die hoop om skuiling êrens anders te vind. Maar hy kon net nêrens onderdak of veiligheid vind nie. Markus is op sy knieë gedwing deur die laaste vonkie hoop wat nog in sy binneste oor was en hy het onthou van die God waarvan sy ouers hom geleer het. Markus was bewus van MY bestaan, maar in sy ywer vir sy daaglikse werk het hy nie verder veel aandag aan sy geloofslewe gegee nie. In sy nood het hy na MY geroep en nie gedink dat EK enigsins op hom ag sou slaan nie. Maar Markus ken nie Die Enige, Ewige en Ondeurgrondelike Elohim waarvan sy ouers hom geleer het nie, alhoewel hy tog geglo het aan MY bestaan. En EK is ‘n ware ELOHIM, ’n ELOHIM wat nie teleurstel nie, al vind EK maar net ‘n klein vonkie geloof in die aanroeper van MY Naam. EK het sy gebed verhoor en MY engel gestuur met ‘n beskermende wolk wat om Markus heen gevou is. Markus het dadelik die beskermende wolk om hom heen gesien en dadelik geweet dat dit die God, waarvan sy ouers hom geleer het, se werk was. Skielik het hy ‘n geloof in MY gekry wat nooit sou verflou nie en hy het verder gestap in die kwaai weer, veilig beskut teen die aanslag van die storm wat feller op hom neergekom het. Maar hy het die storm net aanskou en daar het geen druppel op hom geval nie. Die wind het nie eers sy hare geroer nie, want MY beskermende Hand was om hom heen. Veilig het hy sy bestemming bereik, tot groot verbasing van die mense wat hom verwag het. Groter was hulle verbasing toe hulle sien dat daar nie eers ‘n nat kolletjie aan sy klere was nie. Markus se getuienis het baie mense daardie aand na MY voete gebring en dit was vir MY ‘n Godvrugtige gebeurtenis. Markus het die volgende dag huistoe gekeer en dieselfde aan almal vertel wat in groot verbasing op hom afgestorm het, nadat hulle gedink het dat hy omgekom het in die storm, aangesien daar huise omgewaai het en verskeie bome ontwortel is deur die groot storm. Dit is die waarheid en julle sal hom eendag self kan uitvra as julle, julle na MY toe wend en vir beskerming teen die bose vra. Daar is vandag verskriklike aanslae van die bose wat teen julle geloods word en julle is salig onbewus daarvan, want MY beskermende wolk is ook so om julle, as julle MY sou vra daarvoor. Selfs in ‘n hart waar EK ‘n klein bietjie geloof in MY bespeur, sal EK die gebed verhoor sodat hy/sy kan sien hoe getrou EK is en dit moet dien as aansporing om ‘n groter geloof te ontwikkel. Ongelukkig vergeet meeste mense van MY, die oomblik wanneer dit beter gaan om hulle en vra dan nie meer vir beskerming nie en dan wonder hulle waarom dit nou weer so sleg gaan. Dit is ‘n swakheid van die mens en net soos ‘n mooiweersvriend wil hulle aan MY vasklou, net wanneer EK benodig word. Tot groot geloofsgroei in Markus het die storm vir hom gedien en hy het MY nooit weer daarna na sy aardse boerdery gestel nie. Sorg daarom dat jy ook soos Markus in MY bly en EK sal jou nooit los nie. Maar moenie huil as jy MY weer êrens langs die pad vergeet en EK jou nie dadelik te hulp snel, as jy MY nodig kry nie. Bid sonder ophou, sodat julle geloof daardeur versterk kan word en julle as ware kinders van MY die tydelike met die ewige verwissel.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205