MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 5
Jou Almagtige Verlosser het jou lief, wees daarom vir HOM ook lief.
Dinge gebeur altyd met ‘n doel. Die een dag gaan dit goed en die ander dag gaan dit sleg, maar MY Hand is altyd daarin. Wees daarom altyd vrolik in julle harte, want daar is niks wat MY so bedroef as wanneer een van MY kinders ontevrede is met die lot wat EK aan hom toegesê het nie. Daar is tye gelede ‘n ooreenkoms met MY aangegaan en daardeur is sekere dinge bepaal wat met julle sal gebeur en daar is niks aan te verander nie. Julle sing en bid sonder vrolikheid van hart en dan verwag julle dat EK tevrede daarmee moet wees. Ek, julle Skepper het julle lief en wens julle ‘n gelukkige lewe toe, maar julle ervaar dit as ‘n straf as EK dinge op julle pad bring wat julle moet reinig en nader aan MY bring. Dink daarom bietjie na as jy weer so ‘n “vreeslike straf” moet verdra. EK is lief vir julle en wil alles vir julle gee, maar julle gee MY net die broodkrummels van julle liefde. Wat EK wil hê is die vuur van julle harte. Sonder vrees moet julle MY nader en op MY skoot moet julle kom sit. Met MY Vaderarms wil EK julle omhels en MY vurige Liefde op julle uitstort. Dink daarom na aan MY woorde van Verlossing - en krag sal julle deurspoel, hoe liewer julle MY kry. Hou op stry oor niksseggende dinge en kry MY lief, want EK is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde en niks waaroor julle stry en baklei kan dit verander nie. Wat EK wil hê, is dat julle mekaar in broederliefde omhels, terwyl julle MY loof en prys uit die diepte van julle harte, sonder skroom moet julle MY woord van liefde uitdra aan ander wat nog met suur gesigte en swart harte rondloop. Die einde is so naby dat julle sou beswyk as EK dit aan julle sou wys. So, wees MY getroue diensknegte waardig en julle sal leef, terwyl ander om julle sterf. Wees MY Vaderhart welgevallig sonder om die een die ander te beswadder, omdat hy nie jou leerstelling wil aanvaar nie. Hou op slim wees en laat MY Vaderwysheid in jou posvat en oorneem. Wees nie vir MY ‘n doring in MY oog wat EK moet verwyder nie, want die verwydering sal nie soseer vir MY skaad as vir jou nie. Jou Almagtige Verlosser het jou lief, wees daarom vir HOM ook lief.
Jou Verlosser aan die kruis op Golgota.
Amen
(VERGEET DIT NIE!)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205