MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 6
Luister na My stem binne-in jou
Aan die van julle wat op die wedergeboorte wag, wil EK net sê. Julle is MY uitverkorenes wat in die vlees op aarde is, maar binne julle is MY oneindige Gees teenwoordig wat heilig en afgesonder is. Meng julle daarom nie met almal wat vir julle vriendelik voorkom nie. Baie is adders, gestuur uit die hel met die volle missie om julle van al julle Gees ontdaan te maak. Hulle sal dit nooit regkry as julle hulle nie toelaat nie. Dis gesê, as julle in MY bly, sodat EK in julle kan bly. Die manier om die adders uit te ken, is om na die stem van MY, julle Vader en Verlosser wat almal ken, te luister. Baie keer praat julle van ‘n ”vibe” wat julle optel as julle met iemand gesels. Op die oog af is hulle baie gaaf en niemand kan ‘n vinger na hulle wys nie, maar EK ken hulle harte en waarsku MY kinders deur MY Gees binne julle. Daarom moet julle luister na MY en vermy dan daardie persoon, want EK weet wie nog gered kan word. Daar is baie mense wat nog ‘n slegte gees teenwoordig het en daarmee wil EK nie sê die betrokke persoon is sleg nie, maar sy lewe laat hom nie toe om die pad na MY te vind nie, want hy laat toe dat bose geeste hom voorsê wat om te doen. As jy voel dat iemand nie aan die standaarde voldoen om ‘n kind van MY te wees nie, moet jy met oorgawe en baie naasteliefde daardie persoon aan MY opdra. EK sal dan met MY krag en mag daardie persoon omvou en hom red van al die boosheid wat om hom saampak. EK sal hom bevry, sodat hy MY, sy Verlosser, Skepper en Vader kan herken en MY ook liefkry soos hy moet. Daarom moet julle nooit dink dat almal verlore is wat in boosheid verkeer nie. Dink eerder daaraan dat dit een van MY siele is wat deur bose geeste beheer word en dat dit hulle is wat die adders is. Elke gebed uit die diepte van jou hart vir jou naaste en broer is vir My welgevallig en EK sal MY haas om jou gebed te beantwoord, want dit is soos reukwerk voor MY aangesig. Bid vir mekaar in alle liefde en hou eerder slegte praatjies ver van julle af. Julle Skepper wat julle baie liefhet sê hierdie dinge aan julle.
Let daarna op!
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205