MAAK EN BREEK
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 8
Noodroep om naasteliefde!
Die een onder julle wat sonder sonde is, kan eerste ‘n klip optel om die ander mee te gooi. Dit het EK jare gelede gesê en EK sê dit nou ook met nadruk: ”Die een wat sonder sonde is, kan eerste die klip optel. Julle is so geneig om mekaar van dinge te beskuldig en die een kan die ander nie in liefde verdra nie, maar jy sal graag wil hê dat ander jou met liefde en geduld moet verdra, want jy is mos “maar net ‘n mens”. Vandaar die verskynsel dat broers mekaar haat en in ontug word daar allerhande dinge teen MY gedoen, want die een kan die ander nie verdra nie. Sonder dat julle dit besef, doen julle MY skade aan, in plaas van mekaar, deur van mekaar te skinder en te praat. Doen jouself ‘n guns en kyk om jou heen hoeveel broederliefde daar onder mekaar is en dit by name die sogenaamde Israeliete. Dit skel op mekaar agteraf en Sondag is almal weer teenwoordig om MY kamstig te kom dien. Is dit nie die dien wat EK soek dat julle mekaar in ware naasteliefde moet dien en sodoende MY daardeur te vereer nie? Maar julle dink dat julle genoeg doen om vir mekaar kos te bring en daardeur het julle genoeg gedoen vir mekaar vir die res van die week. Let bietjie op na die nood van jou naaste en jy sal stomverbaas bly staan oor die armoede van jou volksgenote. Hulle is nie almal so bevoorreg soos jy nie en kan ook nie als bekostig wat hulle nodig het nie. Kyk daarna en probeer eerder om op so ‘n manier te help as om agteraf te praat en mense van dinge te beskuldig waaraan hulle nie skuld het nie. Sonder skroom help EK julle en sonder skroom moet julle mekaar help en ‘n helpende hand uitsteek waar julle sien dat een nodig is. Julle Elohim en Skepper bevel julle in die woorde van eeue gelede al dat julle naasteliefde moet beoefen. Doen daarom soos EK julle beveel en EK sal julle in so ‘n mate seën dat julle stom sal staan as julle moet weet wat EK vir julle berei het. Dink daaroor na dat EK Myself verneder het om na die ashoop van die aarde te kom om MY reddende regterhand na julle uit te steek en julle te red, ten spyte van julle sonde, want EK het geweet dat julle almal net mense is, wat eens van MY uitgegaan het. As jy jou sonde sou ken soos EK dit ken, sou jy jou kop in skaamte laat sak het en in diepe berou MY om vergifnis gesmeek het en definitief van jou naaste se kleiner sonde vergeet het. Wees MY getrou in alles wat jy doen en EK sal jou sondes uitwis soos jy jou naaste se sonde teen jou uitwis. Daarom moet julle hard aan julleself werk sodat julle MY kan beërwe.
Julle Vader en Skepper, altyd en ewig.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205