Julle moet wedergebore word, deur Abba Vader
MARIETHA NEL

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD
Deur Abba Vader
23Oktober 2007 om 09;18
Julle moet nie glo dat julle al wedergebore is nie. Die ware wedergeboorte is ’n langsame en delikate proses. Van julle het al die geestelike doop ontvang, maar die meeste van julle moet ernstig strewe om wedergebore te word in die gees.
As julle eers wedergebore in die gees is, is niks vir julle meer soos dit was nie. So streef na die geestelike wedergeboorte, wat ook die volkome kindskap van MY uit MY VADERHAND aan julle gegee is.
DIE STAP TOT WEDERGEBOORTE
MY kinders, dis maklik om te doen wat EK vra. Ek vra volkome liefde vir MY en vir jou naaste.
Jy, MY kind, het gisternag ’n gesprek oor liefde vir MY en vir die naaste gehad. Dis reg wat jy gesê het; almal moet MY waaragtig met hulle hele hart liefhê en daardeur jou naaste.(my gesprek met Francois).
As dit onmoontlik was, sou EK julle nooit daarom gevra het nie, maar dis die maklikste ding om lief te hê. Hou net aan vra dat MY liefde in julle sal groei. Julle is almal verwek in die vuur van MY liefde, so verwek liefde vir MY in die vuur van julle brandende harte, en word weer volmaak een met MY.
Die oomblik dat jy presies weet wie en wat jy is, waarheen jy gaan, die oomblik dat jy alles kan deursien en MY ken, is jy eers weer met MY volkome verenig.
Ek wil hê dat julle alles in die stryd werp en MY moet liefhê, omdat EK julle liefhet, en EK wil julle weer as kinders in MY huis ontvang. Stry vir ’n plek aan MY VADERBORS en EK sal julle aan MY HART druk.
Hoofstuk 1
Wedergeboorte en MY wet
Julle is almal soekers, word stil en hoor MY stem. Stilte is ook nodig dat EK altyd by julle kan wees. Laat die wêreld raas en wees stil in julle harte sodat EK kan begin;
 
Wanneer julle MY soek, moet julle MY eerste van alles in julle hart soek en bo alles liefhê. Dit vereis om julle los te maak van die wêreld. Die wêreld het nie MY GEES nie, maar julle het, en EK IS altyd naby; soek MY nie asof EK ver is nie, EK is naby, in jou hart.
EK is skaars verborge, maar julle maak asof EK ver weg is. EK is onder die oppervlak van alles wat Gees het. Dit beteken; EK is in julle en ook om julle. Moenie dink dat julle MY kan verloor nie. Hou aan om na MY te streef, dan sal jy leef.
EK het gesê dat julle julle naaste moet liefhê soos EK julle liefhet. Daarvoor is nodig dat julle MY eers in julle harte bemin. Dan is julle soos lewende vonke uit MY vuur.
Het MY lief bo alles en EK sal kom en by julle woning maak. Jy moet niks en niemand bo MY bemin nie, want jou hart moet ontbrand van liefde vir MY. Eers dan sal jy ook jou naaste kan bemin uit suiwer, ewige liefde tot MY. Julle sal kan juig oor wat julle sal sien, want dit sal veel wonderliker wees as wat julle ooit van kan droom. Geen beskrywing kan reg laat geskied aan wat EK vir julle berei het nie.
Vanuit MY liefde kom daar die pragtigste dinge voort, nou MY kinders, in julle diepste wese is julle soos EK, skeppend. Julle skep deur julle liefde die landskap van MY RYK waar julle sal bly. As jy een geword het met MY, deur jou liefde tot MY, dan skep jy MY hoogseie hemel waarin EK altyd by jou sal woon. Want dit is ook die hemel wat EK geskape het vir MY kinders.
So wakker die liefde in julle harte aan, en bid en waak en EK sal na jou toe kom en in en by jou bly.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205