Julle moet wedergebore word, deur Abba Vader
MARIETHA NEL

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

Hoofstuk 10
Wedergeboorte en rus
31 Oktober 2007 om 07h31
Die wedergeboorte is ook vir julle volle rus in MY. As julle wedergebore is, dan sal julle besef dat EK julle rus gun. Dan hoef jy nooit meer te dink dat EK jou verlaat het nie, jy is volkome in MY, vir ewig dieselfde as EK.
MY kleine volk, dink aan MY, daarin lê julle rus, in stil wees en vertroue hê, lê julle heil. (vergelyk Jesaja 30;15).
EK sê dit omdat EK wil hê dat julle rustig moet wees en lief moet hê.
Die totale wedergeboorte is daarmee in kort afgehandel. EK het dit vir julle beskryf. EK het julle gesê hoe om dit te bereik. Word nou stil en dien MY met ’n vurige hart sodat MY woord waar en lewend in julle kan word.
Onthou, in MY lê julle rus, in die volledige wedergeboorte uit My julle heil.
Dit is EK wat spreek.
JAHSHUA.
Ja, JAHWEH.
Julle GOD.
Neem MY woorde in ag, en EK sal julle help.
Luister goed.
Amen.
Ja, Amen.
 
En dit MY kinders, is uit MY VADERLIEFDE in die grootste Barmhartigheid gegee. En dit is die einde van die boekie ‘Oor die wedergeboorte’.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205