Julle moet wedergebore word, deur Abba Vader
MARIETHA NEL

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

Hoofstuk 7
Wedergeboorte en nederigheid
29 Oktober 2007 om 21h26
EK praat nou met julle almal oor sagmoedigheid, deemoed en nederigheid. Word stil in julle harte en luister goed;
Sien hoe EK as mens geleef het, totaal nederig en sagmoedig. Dink veral aan die blinde Bartimeus wat na MY geroep het; ‘Seun van Dawid, ontferm U oor my!’
MY dissipels wou hom stilmaak, maar hy het geweet dat EK hom sal verhoor omdat EK meer sagmoedig is as die mense. Roep ook in al julle nood so na MY, en EK sal julle ook aanraak en siende maak en elke las van julle afneem.
Neem die deemoed en nederigheid goed onder die oë, en dien jou naaste, daardeur dien jy ook vir MY. Dink nooit van jouself meer as van ander nie, want EK het gesê; ‘Die grootste een is die een wat die ander dien. Die een wat homself as die minste beskou.
EK, wat van ewigheid julle GOD is, was ook as mens op aarde, EK het mense gedien en geleer. EK was die minste onder die mense en EK het gesê dat julle MY voorbeeld moet navolg om te kan lewe.
EK moes ly, maar julle hoef nie te ly nie, EK roep julle nou. En as julle moet ly, sal EK al die swaar daarvan wegneem. Bly in MY diens deur hierdie drie woorde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205