Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Elia
Hoofstuk 10
02 November 2007 om 18h55
Toe het Elia gesê; ‘ Agab, GOD stuur reën, gaan na die heuwel (op Karmel) wat uitkyk op die weste (die see) en jy sal dit sien!’ (VADER sê; gaan lees die stuk oor hoe HY reën gegee het in die Bybel. 1 Konings 18;42,46).
En Elia het voor Agab se wa uitgehardloop (na Jisreël) en was voor Agab daar. Daar het MY woorde weer na Elia gekom. En hy het gesê; ‘ Stuur Isebel weg, of GOD sal jou straf! Laat die land rein wees van boosheid.’
Agab wou nie luister, en Isebel was vreeslik kwaad oor die dood van haar priesters. Sy het Elia vervolg sonder dat Agab dit weet, want Agab was bang vir Elia se krag, al het Isebel hom uitgelag.
Elia het gevlug en in ‘n grot gaan skuil en vurig gebid dat EK na hom moet kom. EK het hom geantwoord en gesê; ‘Staan by die bek van die grot en EK sal na jou kom.’
Elia het by die bek van die grot gaan staan, en winde het gewaai en storms het gewoed, toe het hy gedink dat EK in die storm is.
Maar EK het hom geantwoord en gesê; ‘In die storm was EK nie, wag op MY.’
En Elia het gewag, en daar was ‘n vuur wat voor die bek van die grot gewoed het, toe het Elia begin meen EK is in die vuur van die wet. Maar EK het hom geantwoord en gesê; ‘In die vuur van die wet is EK nie, in die storm van Wysheid is EK nie, wag op MY.’
En Elia het gewag, en daar was skielik ‘n sagte suising, meer in sy hart as in die wêreld. En Elia het MY begin loof, en MY stem het na hom gekom; ‘Sien jy Elia, EK kom saggies, met ‘n baie sagte stem, EK is nie in vure of geweld nie, maar in die liefde!’
Sien, MY kinders, dit is wat julle moet leer, deemoed, sagmoedigheid en reine liefde. In al die dinge is EK.
Dit sê EK, JAHWEH.
Amen.
Ja, amen.
MY woorde is GEWIS.
EK, JAHWEH sê dit. Amen.
 
VADER, hoekom het U vir my gesê dat Elia in die bek van die grot moes staan, in die Bybel moes hy op die berg gaan staan.
 
MY kind, by die hoor van MY stem het Elia op die berg gestaan.
Dit sê die Ewige wat Elia en julle geskape het. Amen.
 
Amen, o, VADER, nou verstaan ek. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205