Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Johannes
Hoofstuk 12
03 November 2007 om 10h56
Daar was ‘n man van GOD gestuur, sy naam was Johannes. Hy het van MY kom getuig. Hy het kom vertel van die wonderwerk wat besig was om te gebeur.
Sy pa se naam was Sagaria, ‘n priester in die tempel. Die ander priesters was jaloers en boos en hulle het Sagaria se pos begeer. Hulle het hom in die Allerheiligste by die altaar verwurg. Die Sagaria was MY Moses. Maar later sal EK die verhaal vertel, nou verder oor Johannes.
Johannes het in die woestyn gebly en hy het ‘n growwe kleed gedra ook het hy net sprinkane geëet. Hy was die stem wat roep in die woestyn, Elia wat EK gestuur het om van MY te getuig.
MY kinders, verstaan dit so; ‘die woestyn was die mense se gees, hulle was droog soos ‘n woestyn. Hy het ook liggaamlik in ‘n woestyn gebly.
Sorg dat julle vrugbare grond is.
Die growwe kleed was algehele deemoed, en so het hy vir MY kom getuig.
MY kinders, wees deemoedig, getuig van MY en julle sal wees soos Elia.
Dit sê die ALLERHOOGSTE GOD, wat maak en breek.
Amen
Ja, amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205