Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Elia
Hoofstuk 2
31 Oktober 2007 om 17:40
Dit was in die dae toe koning Agab oor Israel regeer het, hy het met ’n vrou uit Fenisië getrou. Sy was ’n heiden in murg en bloed en wou niks weet om MY te dien nie. Koning Omri het haar vir sy seun uitgesoek om mee te trou, omdat haar volk sy volk sou groot maak in getal en sterk as hulle saam kom om ander aan te val. Agab was trots op sy mooie bruid.
Hy het haar toegelaat om haar afgode priesters saam na Israel te bring. Hulle het tempels gebou en gehoereer.
In daardie dae het een stem vir MY opgeklink, want MY ander profete was vermoor omdat hulle bly waarsku het. Op die dag het EK Elia vir ’n laaste waarskuwing gestuur. Hy het gegaan en soos ’n rots bly staan, en sy woorde was; ‘Agab, hoor die waarskuwing van GOD!’
Agab het hom uitgelag en gesê; ’Ek is die koning, bewys jou GOD, eers dan sal ons HOM ook dien!’
Sy bedoeling was nooit om MY te dien nie, dit was sy spot. Elia het egter gesê; ‘Dit sal nie reën, tot ek die teken gee nie.’
Met die woorde het hy verdwyn en die son het neergebak. Elke koringaar was leeg en die grond het gebars. Die vee het op strepe gevrek en die mense het hulle verskeur en soos wilde diere opgevreet waar hulle geval het. Ook in julle dae sal daar so ’n droogte wees, want Elia se waarskuwing is tweërlei.
Hy kom julle almal vermaan met die twee droogtes.
Luister na MY en MY boodskapper.
Dit is MY waarskuwing.
Ek, JAHWEH, sê dit.
Julle MEESTER vir altyd.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205