Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Moses
Hoofstuk 4
Sondag, 11 November 2007 om 19:23
MY Moses het weer onder die volk gewandel, en gesien dat twee Israeliete stry. En hy het hulle gevra hoekom hulle stry. Die een sê toe; ‘ Gaan jy ons ook doodslaan soos jy die Egiptenaar doodgeslaan het?’
MY Moses het geskrik vir die woorde en gevlug na die land van Midian. In Midian was hy ‘n skaapwagter en op ‘n dag was hy weer saam met die skape in die veld, toe hy skielik ‘n bos sien wat brand. Die vuur in die bos het die bos nie uitgebrand nie. Moses het stadig nadergekom en EK het met hom gespreek en gesê; ‘Moses, trek jou skoene uit, want die grond waarop jy staan is heilig.’
MY kinders, daarmee het EK bedoel dat hy, en nou julle, die wêreldse hoogmoed moet uittrek soos skoene, want MY GEES is die heilige GROND waarop julle wandel. Daarmee bedoel EK dat as julle in die liefde wandel, wandel julle in die GEES, wat is heiliger grond as MY GEES?
Dink altyd mooi voor julle praat, en hou julle by MY twee gebooie van die liefde, dan sal daar nooit end wees aan die seëninge nie.
Dit sê EK, julle SKEPPER en FORMEERDER.
Amen.
Nou sê EK; AMEN.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205