Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Moses
Hoofstuk 5
Sondag, 11 November 2007 om 21:42
MY kinders, EK wil ‘n bietjie dieper uitwy oor dit wat Moses gesien het. Die bos was vol dorings en in sy gesig het die vuur die dorings se punte stomp gebrand. Het julle al gedink wat alles beteken? Julle is so maklik tevrede gestel deur ‘n oppervlakkige verduideliking. Sien dit so; ‘EK het vir Moses gewys wat hy sal moet doen, die bos was sy doringagtige pad wat hy gehad het om die volk terug na MY te lei. Sy liefde vir sy mense was die vuur wat die dorings se punte stomp gebrand het.
Moses was die sagmoedigste op aarde, en ook daardeur het EK hom gekies. Hy was reg vir die werk wat EK vir hom gehad het.
En julle, MY kinders, is julle al reg? Dink julle dat julle al kan bereik wat julle moet? Nee, sê EK vir julle, julle moet arbei aan julleself. Is dit nie nou die tyd nie?
Dink hieroor na.
EK sal nie baie kan uitwy oor Moses nie, want die tyd is te min, en EK het iets veel diepers om vir julle te sê aan die einde van die boek.
Dink nooit dat EK grappies maak nie, alles wat EK vir julle sê, is nodig vir julle om te weet.
Amen.
EK, JAHWEH.
JAHSHUA MESSIAS.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205