Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Moses
Hoofstuk 6
Sondag, 11 November 2007 om 21:57
EK het dat MY Moses terugkeer en julle aan wie EK die boek rig, gaan lees in Exodus oor hulle uittog. Moses was die man wat MY wet op die kliptafels gekry het vir die volk. EK het beveel dat die mense MY moet liefhê met hulle hele hart en hele wese, en jou naaste soos jouself.
Dis die WET wat nou op die vleestafels van julle sagte harte geskryf staan. Verstaan MY goed, MY kinders, EK gee alles vir julle beswil.
Moses het na MY gekom met klagtes oor die volk se traagheid en EK het gesê dit staan hom vry om vir hulle goeie wette te gee om hulle op te hef. EK het hom daarmee gehelp, maar dit was Moses se wette. EK het dit in MY aardse lewe ook die wette van Moses genoem. EK het ook gesê dat die wet van Moses was en dat die genade en waarheid deur MY gekom het.
EK is nou julle wet, EK was die volmaakte wat gekom het, julle hoef nie die wette van Moses te hou nie. EK is geslag vir julle en het julle ‘n veel belangriker wet gegee om te onderhou. En vergeet nooit dat EK gesê het dat EK julle wet is nie.
MY kinders, so baie wil EK sê wat eers nog verborge moet bly, omdat julle dit nog nie kan verstaan en dra nie.
Hiermee sluit EK die hoofstuk af.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205