Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Moses
Hoofstuk 7
Sondag, 11 November 2007 om 22:11
MY kinders, EK begin dadelik weer met Moses. En EK stuur julle ook soos vir Moses; vertel ander van die wet van die liefde.
EK wil begin met Moses-hulle in die woestyn. Mens kan die woestyn op twee maniere verstaan. Julle trek ook deur woestyn. In elkeen van julle se lewens gebeur daar iets en julle voel dat julle MY nie kan vind nie. Dit is ook ‘n woestyn waarin julle veertig jaar bly, oftewel tot julle heeltemal op MY wil inbeweeg het.
EK kom dan en lei julle die Beloofde land binne. As julle net weet hoe MY hart brand om julle in MY Land binne te lei! EK, julle SKEPPER en VADER verlang om julle harte weer ten volle te besit! En dit moet julle wil ook wees, omdat EK nooit iets teen julle wil sal doen vir julle nie.
Verstaan nooit iets wat EK vir julle gee net op een manier nie. EK is oneindig en so ook die woorde wat EK spreek. EK kan julle altyd meer en meer leer van wat EK bedoel het, maar die tyd is vreeslik min. Al wat EK nou nog vra is, soek nou julle skuiling by MY.
EK sal julle lei en julle bring
Na MY huis waar julle MY met liefde sal omring
EK sal met julle wandel
Julle ken MY handel
En weet EK is getrou
EK het nooit berou
Omdat EK alles wyser bestuur
As wat julle ooit sal kan begryp.
Amen.
EK, JAHWEH van die Leërskare.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205