Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Moses
Hoofstuk 9
Sondag, 11 November 2007 om 22:39
Hier, MY kinders, wil EK net ‘n getuienis inbring; ‘Moses was ook deur diep dale met die volk, netsoos julle vandag, maar hy het altyd na MY gekeer en MY aangesig gesoek. Ook julle kan MY sien as julle wil. Maar julle harte sal blink daarvan en nie julle uiterlike gesigte nie. Jou hart is die belangrikste gesig wat jy het. Jou hart is ook ‘n spieël, EK sal dit reinig as julle na MY sal strewe.
Julle kan ook in Moses se plek voor MY aangesig kom staan as julle die geloof het. Met geloof bedoel EK; Geloof wat julle op MY, wat die Liefde is, gebou het. Geloof alleen is nie vir MY aanvaarbaar nie. Julle harte moet eers deur MY liefde en die offer aan die kruis opgewek word, dan sal jou geloof sterk word, omdat liefde ‘n rots is wat nimmer vergaan nie. EK is daardie ROTS wat julle so soek, EK nooi julle om julle op MY te bou. Dan sal julle soos die wyse man wees wat sy huis op die rots gebou het, en geen stortreëns sal julle laat val nie. Vergelyk dit ook met wat EK gesê het; dat niemand julle uit MY hand kan ruk nie. Geen stortreën beïnvloed die huis op die rots nie.
EK is die goeie HERDER, EK hou julle dop, en geeneen van julle wat MY met julle liefde gryp, sal verlore gaan nie.
Amen.
EK, julle Geliefde JAHSHUA, Man van Smarte, wat vir julle gekruisig is, praat, hoor MY stem wat julle nou saggies die waarheid inlei, deur MY alomteenwoordige GEES.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205