Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Moses
Hoofstuk 11
Sondag, 11 November 2007 om 23:05
MY kleintjies, het julle al ooit gewonder wat die wolk is waarin EK met Moses gepraat het? MY kinders, dit beteken dat EK in die GEES met hom gespreek het. Die volk was te bang en wou MY stem nie hoor nie, omdat die stilte van MY spraak vir hulle gedonder het. Dit was te groot vir hulle om te begryp.
Nou spreek EK ook met julle in die wolk.
Salig, salig is hy wat MY woorde glo, hy sal nooit honger en dors kry nie, EK sal hom versadig.
Salig is hy wat na MY inspraak luister, julle het MY gevind.
Salig is julle wat geloof het soos ‘n kindjie, jy sal deel van MY twee getuies wees.
Salig, o, salig is julle wat MY soek, want julle sal MY in alle volheid vind.
Salig is julle wat MY aanskou, want EK het aan julle krone gegee.
Geseënd is julle in MY grote Naam, wat Liefde heet.
MY kinders, amen.
Geseënd, geseënd is julle en rein deur MY gestorte bloed.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205