Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Moses en Elia
Hoofstuk 12
Sondag, 11 November 2007 om 23:15
Twee het EK vir MY verwek, EK hoop nou dat julle dit sal begryp. Moses en Elia, Moses staan vir die GEES van LIEFDE en Elia vir die WERKE, dus die vlees van die lewe.
Twee het EK verwek om vir MY te werk, julle gees en julle vlees. Twee werk vir MY, en EK bly altyd naby. Júlle is MY getuies, en dit is WAAR. EK het julle almal verwek om vir MY te werk. MY kinders, twee gemeentes het EK verwek, die olie van die twee olyfbome gee hulle lig. Weer sê EK, en weer; ‘Jùlle is MY getuies, EK sal julle in die volle waarheid lei.
EK wil kinders hê
Wat vir MY sê
VADER, ons het U hartlik lief
Jùlle is MY hartedief
Eendag sal julle alles verstaan
Wat julle nou nog nie verstaan.
 
Daar is nog baie om vir julle te sê, maar julle is nog nie sterk genoeg nie. Neem nou MY skrywer, sy verstaan nie wat EK bedoel nie. Sy tik net omdat dit EK is wat spreek. Maar op die regte tyd sal julle alles verstaan wat EK bedoel.
Hou julle net aan MY liefde, EK sal julle die volle waarheid inlei.
Glo MY en vertrou op MY.
Baie van julle hou aan die letter van die skrif vas en dink dis MY lewende woord, maar die Lewende Woord is EK. EK is die Fontein wat nooit opdroog nie. EK is die Alfa en die Omega. Kom na MY, los die letter uit, kom na MY sodat EK jou in die WAARHEID in kan lei. Die Bybel kan julle nie red nie, EK kan. Julle het nie meer ‘n begrip van GEES nie, nou kom EK om julle te verlos uit die vlees, en dus uit die dood.
Dis wat EK met die beelde van Elia en Moses vir julle probeer verduidelik. EK lei julle nou weer uit Egipte na die Beloofde Land, wat MY VADERHUIS is.
Amen.
EK beskerm en verlos julle.
Hou vas aan MY.
Het MY lief met jou hele wese en EK sal jou reinig en opwek.
Dit sê EK, julle VADER, in die grootste liefde van MY VADERHART.
Amen.
 
EK het vir julle vertel. Wees bly daaroor!
 
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205