Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Aanhangsel tot die 2 getuies
Verstaan jy nou nog nie van die twee getuies nie? Die twee gemeentes is die liefde en dade in MY Naam. Julle Gees en vlees sal van MY getuig, verstaan dit as julle liefde en julle werke.
Moses en Elia kom, EK sal julle oë open en julle sal MY Moses onder julle sien wandel. Elia kom, dit het EK beloof jare gelede. EK is getrou aan MY woorde en wat EK gespreek het, doen EK verseker.
Verstaan MY woorde nou.
Amen.
 
En daarmee sê EK breedvoeriger vir julle;
Elia kom, hy is onder julle, EK sal julle geestelike oë open om te sien hoe MY Moses onder julle wandel. Die twee gemeentes is liefde en dade in MY Naam. MY kinders, dit sal so baie soos die sterre wees, as julle julleself heeltemal aan MY oorgee.
MY skrywer, hoekom twyfel jy alweer dat dit EK IS wat praat? Dink jy dat jý die dinge kan uitdink? Is jy regtig so slim? Word nederig en erken dat dit is van MY.
EK verduidelik dit so vir julle, EK het die beelde van Moses en Elia as voorbeeld gebruik, omdat hulle onder julle wandel. Daarmee het EK vir julle gewys hoe julle moet handel, presies soos MY twee getuies, en julle sal deel van MY twee getuies wees.
Reinig julle harte van elke dubbelhartigheid, en dien MY. Luister na MY woorde, of is julle slimmer as EK?
In MY VADERLIEFDE.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205