Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Elia
Hoofstuk 5
01 November 2007 om 10h38
Elia by Karmel.
Elia, MY profeet, het vir hulle by Karmel gaan wag, hy was vol van MY GEES en het geweet wat EK beveel.
 
Toe Agab en die 450 Baälpriesters daar aankom, het hy vir hulle gesê; ‘Laat ons offers bring, julle vir Baäl en ek vir JAHWEH van die Leërskare in WIE se Naam ek gekom het. Bou julle altaar en offer ‘n bul daarop, maar moenie die vuur aansteek nie, as Baäl GOD is, sal hy vir julle die offer aan die brand steek. Na julle sal ek my offer aan JAHWEH bring, julle sal sien HY is getrou en HY sal my verhoor.
Daarmee wil EK ook vir julle, MY kinders, sê om MY te glo en op MY woord te staan in elke tyd. En EK sal julle verhoor en almal sal weet dat dit EK is wat spreek. Staan op MY woord soos Elia en na hom Paulus Toronto, wat ook in storm en duister na MY geluister het.
Moenie bang wees nie, EK is die GROTE GOD, en sonder MY wil, kan niks gebeur nie.
Dit wil EK, julle VADER, SKEPPER en VERLOSSER JAHSHUA MESSIAH julle op die hart druk.
Onthou dit!
Amen.
Luister!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205