Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Elia
Hoofstuk 6
1 November2007 om 10h54
Die priesters van Baäl het hulle gereedgemaak, hulle offer geslag en begin bid. Soos so baie wêreldlinge, was dit net vir die skyn, hulle het hardop lang gebede begin bid. En gewag dat Baäl hulle moet verhoor.
Hulle het ook rondgetrap en begin dans en luid na Baäl geroep. En hy het hulle nie verhoor nie, want hy was die dooie god uit hulle verstand. EK het hulle ook nie verhoor nie, want EK sal nooit ‘n gebed verhoor wat in die eerste plek nie na MY opgestuur is nie. EK sou ook nooit hulle verhoor het, wat met geweld aan ‘n afgod hang, soos ‘n luis op die rug van ‘n kat nie.
Julle, MY kinders, weet reeds hoe om tot MY te bid, in al die warmte van ‘n liefdevolle hart, en bedoel wat jy sê, en EK sal julle verhoor en julle sal MY dien in die vuur van MY GEES.
Luister!
Dit sê EK, julle VERLOSSER, HEILAND en HEER.
Amen.
Ja, Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205