Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

VOORWOORD
Die einde van `n verlossingstydperk is naby. Die mensdom, wat hulleself in hierdie tyd positief moes ontwikkel het, dit wil sê, dat jy jouself weer na God moes keer, bevind hulleself egter op die einde van hierdie tydperk op `n lae geestelike vlak, waardeur ook die einde van die tydperk sal beantwoord aan die lae vlak, `n vlak waarin mense nouliks aan `n God en liefdevolle VADER sal glo, inteendeel, veel meer die Heer van die duisternis sal aanhang deur die ‘ek’ - en hebsug, liefdeloosheid en aggressie.
Alhoewel daar deur menslike ondersoeking en ingrype katastrofes kan ontstaan, moet ons dit goed onderskei van die groot katastrofes, wat ingrypings van God self is, wat Hy ons as teken van die naderende einde gee. God bly spreek tot ons mense om ons aanleiding te gee om na Hom toe te gaan vir hulp, sodat ons weer na Hom kan terugkeer.
Met die uiteindelike vernietigingswerk van die oppervlakte van aarde, werk menslike proefnemings die groot ingryping van God in die hand, sodat ook Satan die Wil van die Heer moet nakom. Satan gebruik die mees infame middele om sy aanhang voor die einde te vergroot, deur onderlinge aggressie tussen die mense, deur kwaadaardige inwerking van sy aanhang op die gelowiges met `n goeie wil, deur die gelowiges te mislei deur valse leerstellings, deur sogenaamde verskynsels van ligwesens, wat net hulle eie ‘ek’ verheerlik en deur wonderwerke wat uiteindelik altyd gerig is op eieliefde en mag.
Maar Jesus, die Aanvoerder en Leidsman van hulle wat Sy Naam hooghou en wat glo in en vol liefde vertrou op Sy verlossingswerk, sal as oorwinnaar in die wolke na ons toe kom.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205