Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

EKSPERIMENTE AAN DIE EINDE VAN DIE AARDE
l September 1949
Daar is aan die mense geen grens gestel in hulle manier van handeling teenoor dit wat My skeppende Gees laat ontstaan het nie. En sodra hulle hulleself dus aanmatig om die skeppings van die natuur te wil verander, waarvan elkeen sy bestemming deur My gekry het, dan is die instelling van die mense na My toe ook strydig met die gesonde verstand. Hulle onderskat dan My Wysheid en My Mag en glo om dit uit te skakel en bygevolg sondig hulle teen My self, asook teen dit wat Ek geskape het. Dan word die grens oorskry wat Ek gestel het en die mensdom vernietig homself, omdat haar wyses en geleerdes verkeerde gevolgtrekkings gemaak het en die uitwerking van hulle eksperimente verderflike gevolge het.
Die mense dink dat hulle alles wetenskaplik kan ondersoek wat Ek vir hulle verborge hou vanuit die besef van hulle onrypheid vir hierdie soort kennis. Die kern van die aarde is vir die mense nie te ondersoek nie en so sal dit ook bly tot aan die einde toe. Tewens is daar kernkragte van reusagtige sterkte in haar gekluister, wat Ek gebonde sal hou om die bestaan van die aarde nie in gevaar te stel nie. Slegs van tyd tot tyd vind uitbarstings uit die binnenste van die aarde plaas, indien haar kragte `n kort ontsnapping toegestaan word om, die geestelike wat in staat is om hulleself te ontwikkel, die geleentheid te gee om op die aardoppervlak `n ander vorm aan te neem en daar met hulle positiewe ontwikkeling te begin.
Hierdie kragte bevry hulleself egter van hulle boeie met My toestemming en daarom is ook die gevolge daarvan in My ewig verlossingsplan voorsien. `n Uitbarsting wat dus volgens My Wil plaasvind, sal ook altyd beperk bly in sy omvang. Maar nooit kan die menslike wil die natuurkragte `n halt toeroep soos die menslike wil egter ook nooit die aanleiding daarvan kan wees dat sulke kragte volgens 'n natuurlike vorm optree nie, omdat geen mens hulle oorsaak en werking kan deurgrond nie.
Maar tog sal die mense gedurende die laaste tyd voor die einde hulleself, deur middel van ondersoekinge, aanmatig om ver in die binnenste van die aarde in te dring om die onbekende kragte vir hulle in werking te stel, wat hulle winsgewend sal wil gebruik, maar hulle dink nie daaraan dat hulle kennis en die werking van hulle verstand nie toereikend is vir sulke eksperimente nie.
Hulle het dus geen eerbied vir die werke van My skepping nie, hulle dring `n gebied binne wat, heeltemal in ooreenstemming met die natuur, vir hulle geslote is, en die deurvors daarvan, suiwer aards gesien, `n vermetelheid genoem kan word. Vanuit `n geestelike standpunt bekyk, beteken dit egter `n binnedring in die ryk van die laagste geeste wie se kluistering nog as noodsaaklik deur My gesien word, maar wat nou deur die mense, wat in stryd met die goddelike is, opgehef word, om welke rede dit ook so 'n onvoorstelbare uitwerking sal hê wanneer My ewige ordening omver gegooi sal word.
Deur die manipulasie van die mense word gepoog om van die kragte van die aarde gebruik te maak waarvoor elke ander weerstand sal wyk en wat daarom, volgens hulle idees, vir alle eksperimente gebruik kan word. Hulle is egter nie daarop bedag dat die kragte in staat is om alles uiteen te laat val wat binne hulle bereik kom nie. Hulle hou nie rekening met sodanige geweld waarteen die menslike wil en die menslike verstand niks kan uitrig nie. Daardeur open hulle sluise wat, wanneer dit eenmaal oopgebreek is, nooit weer gesluit kan word nie. Hulle voorsien nie die gevolge daarvan nie, want die gebied wat die mens nou wil betree, is vir hulle vreemd en die wette daarvan is vir hulle onbekend.
Die middelpunt van die aarde is nie op hierdie manier te ondersoek nie en dit is onvermydelik dat elke proefneming in hierdie rigting sy uitwerking sal hê, en nie net op diegene wat die eksperimentering doen nie, maar ook op die hele mensdom. Want die grense wat Ek gestel het, mag volgens My ewige ordening nie oorskry word nie. My ordening werk steeds opbouend, nooit is dit egter op verwoesting gerig nie, bygevolg sal ook elke handeling wat daarmee in stryd is, `n nadelige uitwerking hê.
Maar Satan self lê hierdie gedagtes in die mense van die laaste tyd, hy por hulle tot hierdie planne aan, omdat hy weet dat die verwoesting van die skeppings die positiewe ontwikkeling van die geestelike afbreek en daarom probeer hy in sy blinde haat teen My en al wat geestelik is en wat na My streef se positiewe ontwikkeling te onderbreek. Maar ook die plan is, ofskoon duiwels, `n ongewilde een, want Ek het dit met opset in My verlossingsplan van die ewigheid af ingepas. En so word die voorwaardes vir `n nuwe aarde geskape, waarin die geestelike ontwikkeling weer deurgaan, terwyl al die duiwelse opnuut in die skepping van die nuwe aarde verban sal word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205