Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

`N ROTS (ROME) SAL AAN DIE WANKEL GEBRING WORD. (GEESTELIKE SKOK)
21 November 1950
Die mensdom sal `n groot geestelike skok ervaar, sodat `n geleentheid vir hulle gebied kan word om `n dwaling in te sien wat hulle tot nou toe as waarheid verdedig het. Ek sal die mense duidelik wys op My woord. Ek sal `n rots laat wankel en die mense sal self kan bepaal wat hulle wil verwerp, My woord of `n "organisasie" wat op die woord gebaseer is. U kan slegs een daar laat geld en die oordeel staan elke mens vry. Ek laat dit slegs gebeur in die belang van die mense, sodat hulle kan loskom van `n dwang wat die denke en wil onvry maak en so die beslissing van die wil verhinder, terwille waarvan die mens op aarde leef.
Ek sal `n rots laat wankel en as die grondvesting aan die wankel gebring is, sal die hele gebou ineenstort, dit wil sê, die mense sal hulleself nie meer gebonde voel nie, maar vry na eie goeddunke dink en handel, hulle sal geen mag meer vrees waaragter hulle (eers) God vermoed het nie, omdat hulle My nou eers sal herken, Wie sterker is as die mag en nie aan haar kant staan nie. Dit sal wel in `n geestelike opsig chaos beteken en aanvanklik sal die dwaling homself nog wil handhaaf, maar nou sal die waarheid soos `n bliksem oplig en `n fel lig werp op die valse leer en dit sal nie teen die waarheid standhou nie, want oral sal daar nou verkondigers van die waarheid verskyn, ligdraers wat die mense sal aanhoor, ofskoon hulle bitter vyandig bejeën sal word deur die aanhangers van die mag wat skipbreuk gely het.
Ek kondig dit vir u mense aan, wat gaan gebeur en u sal dit kan verwag op die kort termyn; maar alles moet sy tyd hê en ook die gebeure wys op die naby synde einde, want deur sieners en profete is die einde van `n groot stad aangekondig. Dit sal `n wêreldskokkende gebeurtenis wees, wat egter geestelike oorsake het en geestelike uitwerking moet hê. Hulle sal moet getuig van My, wat as die ewige Waarheid nooit die onwaarheid kan duld nie en daarteen sal optree, wanneer die tyd aangebreek het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205