Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

MASSALE STERFTES - VOORTYDIGE WEGROEP VAN DIE SWAKKES IN GELOOF - BESLISSING
13 Desember 1951
En dit sal gebeur soos wat Ek dit verkondig het. Eers sal daar `n massale sterfte intree en u sal dit beskou as toeval, as `n ongeval, u sal elke ander verklaring eerder laat geld as die een: Dat Ek Self die mense in groot getalle wegroep wat in die laaste stryd op die aarde sou faal en wat te swak is om weerstand te bied en tog ook nie in die hande van My teëstander mag val nie. Want Ek ken die harte van die mense wat nog `n klein vonkie liefde in hulleself dra en die vonkie nog kan laat oplewe, indien nie op die aarde nie, dan in die ryk hierna tot waar My Liefde en Erbarming ook reik om hulp te bring, en laat diegene nie ten prooi val aan die ewige verderf nie.
Dit sal gebeur soos wat Ek dit verkondig het. Daar sal nood en ellende wees in so 'n mate dat elkeen wat wil, sal insien dat dit die tyd van die einde is. Dog sal daar net ellende wees waar Myne te herken is, want hierdie ellende sal deur die medemens berei word, om die wat Myne is, se geloof in hulle God en Skepper van die ewigheid, te ontneem, van hulle wie hulle Vader sien en wat Hom trou wil bly.
Die teëstander werk teen My en hy gebruik die mense wat aan hom gebonde is om die skandelikste dade uit te voer teen Myne. Hy wil hulle aan My ontrou maak en sal daarom met brutale middele optree, waarteen Myne nouliks in staat sal wees om stand te hou. Maar die krag van My Liefde sal hulle regop hou, die krag van My Liefde sal hulle sukses gee, hulle sal standvastig bly en al die vyandiges oorwin, omdat hulle dit met My krag kan doen.
Die tyd loop ten einde. Wat hede nog nie vir u geloofwaardig voorkom nie, sal u binnekort ervaar, `n omwenteling in elke opsig wat alle mense skade sal berokken en van alle mense `n instelling teenoor My sal vereis, die Skepper en Behouer van ewigheid. En die instelling kan alleen wees: Bely of afwys. Dit is die beslissing wat nog moet val voordat die einde daar is. Ek sal met krag binnedring in u gedagtes en u sal My kan opneem of afwys. Dog dit is die beslissing vir die ewigheid wat u sal moet neem. En daarom word die boosaardige werksame sy van My teëstander ook toegelaat, omdat hy bydra tot die uiteindelike beslissing - vir My of vir hom. Hy gebruik sy bevoegdheid ver verby die grense wat aan hom gestel is, hy kwel Myne ongewoon hard en gee sy aanhangers volop aardse goedere, eer en roem, en daarom erken hulle hom liewer as hulle Heer en verloën My.
Dog Ek laat alleen maar die sterkes (van geloof) die einde meemaak, die wat aan My getrou is en bly en wat die krag van My Liefde voortdurend in ontvangs neem. Ek neem die swakkes egter weg, deurdat Ek hulle wegroep voordat die einde kom, sodat hulle nie in die hande van My teëstander sal val en `n ewige tyd sal moet boet nie. Dog die wat volhard in die kwaad, sal omkom op die dag van die oordeel, want ook aan hulle word My barmhartigheid dikwels genoeg gestuur, maar hulle ag dit nie en gaan bewustelik in die kamp van die teëstander in en dus moet hulle ook sy lot deel wanneer die einde kom, want alles sal vervul word wat Ek deur sieners en profete verkondig het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205