Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GETUIES VAN DIE EINDE VIR DIE NAKOMELINGE OP DIE NUWE AARDE
9 Augustus 1953
U sal My getuies wees op die nuwe aarde en u sal getuies wees van My en My majesteit, Van My Mag en My Liefde, want u sal dit aan die einde van die aarde ervaar. U sal My geestelik sien kom in die wolke in stralende glans en heerlikheid. En u sal My Liefde ervaar wanneer Ek u sal red uit groot nood, wanneer Ek u sal wegneem voor die oë van u medemense, wat met ware duiwelse gesindheid u na die lewe staan.
U sal die bewys van My Mag ondervind, want ook die laaste vernietigingswerk op die aarde sal homself voor u oë afspeel. Derhalwe sal u met `n belewenis wat in u herinnering sal bly, die ryk van vrede ingaan, om van My voor die nageslag te getuig. Voor die mense wat slegs deur oorlewering kennis verkry het van die gebeurtenisse op die ou aarde, sodat hulle dit ook kan deurgee vir `n lang tyd waar die kennis daaroor bewaar sal bly. U sal moet getuig van My en van My heerlikheid.
`n Gelowige en aan My trou toegewyde geslag sal die nuwe aarde bewoon, wat nie aan My Krag en Mag en aan My Liefde en Volmaaktheid sal twyfel nie. En solank Ek Self onder hulle kan vertoef, omdat hulle liefde en geloof dat sal toelaat, solank sal daar ook geen versekering van wat u beleef het, nodig wees nie. Maar sodra nuwe geslagte uit hulle voortkom, sal die kennis ook weer aan hulle gegee moet word. En die einde van die ou aarde moet vir hulle in die besonder voorgehou word, sodat ook hulle as lewende mense hulleself innig met My kan verbind om My kinders te wees en te bly. Die lewendige getuienis sal `n besondere invloed op hulle harte hê en hulle sal in die komende tye verkondig wat aan hulle deur u gegee was. En dan sal die geloof en die liefde tot My vir `n lang tyd behoue bly.
Vir `n lang tyd sal die mensegeslag in vrede en eendrag lewe, en in harmonie met die oneindige voortdurende verbinding met My. My Gees sal hulle harte binnestroom en hulle sal My woord kan verneem en salig word. Maar tog sal hulle toestand weer verander en die invloed van die teenkragte sal eers maar swak, maar daarna steeds sterker word en herkenbaar wees. Want die geestelike wat in die skepping gekluister is, sal weer as mens tot beliggaming kom, en sal dan weer so verskillend uitgeryp wees dat hulle weer in die stadium as mens met aanlegte en neigings tevoorskyn sal kom wat `n groot verandering sal vereis en wat altyd nog `n swak weerstand teen My verraai. En dit is waar dat daar weer mense op aarde sal lewe wat besonder doeltreffende opvoedingsmiddele sal benodig. Daarom sal dit nodig wees om vir hulle kennis te gee oor die uitwerking van `n lewenswandel wat nie volgens My Wil is nie.
En dan sal daar weer `n stryd tussen lig en duisternis ontbrand, want die verlange na die materiële sal weer sterker word in die harte van die mense, en My woord sal nie meer direk verneem kan word nie, daar sal in opdrag van My, weer verkondigers van My woord tot hulle spreek, en sodat dit lewendig moet geskied, moet daar ook getuig word van die einde van die ou en die begin van die nuwe aarde. Sodoende het die mense wat die einde belewe het en My trou gebly het tot aan die einde, ook op die nuwe aarde `n opdrag, naamlik om daarvoor te sorg dat hulle kennis behoue bly, sodat die nageslag ook eenmaal die gebeurtenisse vir hulleself voor die gees kan haal om sodoende aangespoor te word om binne My wil te bly, om My lewend in hulle harte toe te laat en hulle strewe altyd weer op My te rig.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205