Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

WETENSKAPLIKE "SUKSESSE" AAN DIE EINDE VAN `N AARDSE TYDPERK
17 Oktober 1957
Reeds dan het die einde van `n ontwikkelingsperiode gekom wanneer die mense so ver uit die goddelike ordening weggedwaal het, dat hulle hulleself bevoeg voel om in die skeppingsplan van God in te gryp, omdat hulle nie meer aan God, as die alles voortbringende Mag glo nie en daarom meen om al die bestaande self te kan beheers.
Die mense het weliswaar ook, as erfdeel van God, `n skeppende gees gekry en kan selfs die erfdeel nog meer in hulleself laat toeneem. En met hulle skeppende gees kan hulle met God se hulp, dit wat die onmoontlike skyn te wees, tot stand bring en bereik en daarby sal hulle tog in God se ordening bly, solank hulle die krag om self te skep, uit God betrek.
Hulle sal egter dadelik uit hierdie ordening tree wanneer al hulle planne slegs aardsgerig sal wees, wanneer hulle hulleself van God as die voortbringende Mag sal afsonder en slegs gebaseer op hulle verstand, sal eksperimenteer. Wanneer hulle dus die goddelike skepping as proefobjek gebruik, sal hulle hulleself so tot handlangers van Satan maak, wat dit vir homself ten doel gestel het om alle skeppings te verwoes.
En aan die einde van `n aardse tydperk sal die mensdom steeds vol aardse wysheid wees. Dan sal die wetenskaplikes glo dat hulle die sleutels vir alle gebiede gevind het en sou maar selde die weg gegaan het wat God aangewys het om tot ware kennis te kom. Sonder God is alle weë egter gevaarlik, sonder Hom is alle suksesse twyfelagtig en sonder Hom betree die mens gevaarsones, omdat hulle dan gelei word deur hom wat geen opbou nie, maar alleen die ondergang wil bewerk.
Hy laat die mense weliswaar glo dat hulle opbouend besig is, terwyl hulle ewenwel hulle eie graf grawe, en dus self bydra tot die ondergang van die aarde. Want die sigbare vooruitgang van die wetenskap is die werk van Satan, die werk van God se teëstander, wat die mense aanpor tot die grootste verstandelike inspanning, maar met uitsluiting van goddelike ondersteuning.
Die mense van die eindtyd sal daarom probeer om alle kragte van die natuur vir hulleself ten bate te maak, maar hulle sal dit nie in `n deur God gewilde sin doen nie. Hulle sal inteendeel uit die goddelike ordening tree en die gevolge daarvan sal hulle baie gou sien. God versag egter die wil en handeling van die mense al van die ewigheid af en daarom wys Hy steeds weer op dit wat komende is, want Hy weet wanneer, waar en hoe die verkeerde menslike denke homself sal uiter. Daarom onderrig Hy die mense oor die verkeerde van hulle denke en Hy wil hulle daardeur beweeg om hulleself aan Sy Mag, wat bokant alles staan, toe te vertrou. Hy wil hulle teen die invloed van Sy teëstander waarsku. Hy wil hulle aanraai om in Sy goddelike ordening te bly, en Hy beloon almal wat na Hom luister en Hom erken as hulle God en Skepper van die ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205