Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

VERSKYNSEL IN DIE KOSMOS
BD 6313 - 16 Julie 1955
Baie spoedig sal u uself kan vergewis dat daar iets in die kosmos aan die voorberei is, want ongewone verskynsels, waarvan u mense vir uself geen voorstelling kan maak nie, u sal verontrus. Baie gissinge sal opduik en baie menings op teenoorgestelde menings sal ontstaan. Maar slegs die mening van hom wat `n verbinding vermoed tussen wat aangekondig is in woord en geskrif, en deur profete en sieners te alle tye aan die mense verkondig is, sal volgens die waarheid wees.
Wie alles met geestelike oë sal beskou, sal ook al die verskynsels vir homself kan verklaar. Want alles het `n geestelike betekenis en moet dus ook `n geestelike doel vervul, naamlik om die mense opmerksaam te maak op hulle eintlike lewensdoel, sodat hulle hulleself kan voorberei op die komende oordeel. En ook die wetenskap sal hiertoe bydra, want hulle sal die veranderinge in die natuur eers konstateer en die verskynings en ongewone voorvalle in die kosmos sal hulle self agterdogtig maak. En dit sal belangrike verskynsels wees waarvoor die verklaring hulle egter sal ontbreek. Hulle sal dit wel sien gebeur en ontsteld staan, maar nie bereid wees om enige korrekte verklaring te aanvaar nie, naamlik dit, dat die aarde geskud sal word op haar fondamente, want hierdie verskynsels dien daartoe.
Maar hulle sal dit nie wil glo nie en sal dit ook steeds teenspreek, as hulle gewys word op die Skrif en op die Voorspellings. Selfs dan sal hulle dit nie glo nie, wanneer hulle die opvattinge van die gelowiges verneem of wanneer die verkondigers van die nuwe woord hulle wys op die komende einde. En daarom sal dit uiters moeilik wees om die wêreldse mense in `n ingryping van My af te laat glo, omdat steeds geprobeer sal word om alles suiwer wetenskaplik te verklaar. Slegs weiniges sal ag slaan op die ongewone verskynsels en dit sal daarom steeds sekerder wys op die einde. Maar hulle vermanende en waarskuwende woorde sal Ek so duidelik ondersteun, dat die geleerdes ook spoedig hulle onkunde sal moet prysgee.
Want hulle sal `n ster ontdek wat stadig nader kom na die aarde, wat skynbaar `n baan sal neem wat in stryd sal wees met die wette van die natuur. En hulle sal steeds meer opmerksaam word vir die eienaardighede van die ster wanneer hulle sy baan volg. Hulle sal besef dat hy `n gevaar is vir die aarde, maar sal tog nie aan die vernietiging daarvan wil glo nie, omdat so-iets nog nooit tevore ervaar was nie. (sien NIBIRU – Die Groot Rooi Draak – Siener. co.za. deur Dirk van Vuuren. –vertaler)
Ek sal dit egter toelaat, omdat My verlossingsplan van die ewigheid iets ongewoon vereis, wat die mense nog tot heil sal strek, want dit sal `n voorteken wees van die aanstaande einde en vir die spoedige daarop volgende vernietigingswerk, wat die verlossingstydperk sal beëindig. En hoe nader die einde sal kom, des te meer onnatuurlike verskynsels sal die mense belewe. Hulle moet ontsteld staan en die ooreenkoms opmerk met wat van die kant van die gelowiges voorspel word as woord van God, en deur sieners en profete as waarheid bely word. En My Gees sal ook nou weer oor die aanstaande einde spreek, deur My bodes op aarde, en deur My donderende stem wat eers nog luid sal weerklink. Mense, merk tog op en erken dat alles wat gebeur, verwys na die einde wat Ek vir u almal gee, sodat u nie die verderf ten prooi sal val nie. Want alles wat geskied, is so geweldig dat dit u seker sou kan oortuig as u van goeie wil sou wees, want die tyd is vervul en die einde is naby.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205