Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE AANKONDIGING VAN DIE VOORLOPER VAN JESUS CHRISTUS
BD 7062 10 Maart 1958
Geeneen van u mense sou nog in die waarheid gewees het as dit nie steeds weer deur My Gees aan u verkondig sou geword het nie. Wat ten tye van My aardse lewe aan die mense as suiwer waarheid gepredik was, het nie lank suiwer gebly nie. Want sodra die menslike denke daarmee begin om My leer vir die doeleindes van hele volke ten bate te maak, word alles ook met menslike byvoeginge vermeng. My leer kom te min ooreen met die eiebelang van die mense, daarom wil die afsonderlike gemeentes dat hierdie leer in `n meerdere of mindere mate hulle sake dien of omvorm. En so word die gemeente wat eens Self deur My gestig is, die sogenaamde oergemeente, baie spoedig maar net nog `n vergete beeld van dit wat dit in die begin was. My suiwer leer het tallose veranderinge ondergaan; en dit wat nou nog bestaan, kan geen aanspraak meer daarop maak dat dit die suiwer waarheid is nie.
Om die waarheid suiwer te bewaar, behoort daar geskikte opnamehouers te wees waarin My Gees voortdurend kan instroom. (`n houer is `n suiwer hart: Afr. vertaler). Die goddelike Gees moet homself onafgebroke kan uitgiet en wat deur My aan die mense geleer word, moet ook deur mense verkondig word wat vol van die Gees is. Want anders kan die woorde al in die mond van die verkondigers verander word en dan al `n andere betekenis oplewer. Daar moet dus altyd rekening mee gehou word dat iets suiwer Goddelik in `n nie-goddelike omgewing iets van sy reinheid sal verloor, omdat Ek geen dwang op die wil van die mens uitoefen nie. Die gevolgtrekking wat elke afsonderlike mens met dit, wat aan hom as waarheid gegee word, maak, staan hom vry, want reeds gedurende My verblyf op aarde was My heilige woord verdraai wanneer dit vir die mense nuttig sou wees.
Ek kan nou wel weer telkens deur My Gees die suiwer waarheid na die aarde stuur, maar Ek sal nou ook nie die mense onvry maak deurdat Ek die waarheid aan hulle wil opdring nie. Maar solank mense hulleself vrywillig aan My tot beskikking stel en hulleself as opnamehouer van My Gees omvorm, solank is dit ook steeds weer moontlik om elke bestaande dwaling te korrigeer, en elke onopgehelderde vraag op te helder en die mense `n suiwer "lig" te gee wat van My af uitgaan, die Oerlig van die ewigheid.
Maar die mense hou nog steeds met `n taaiheid aan die misvormde leer vas, waaragter My teëstander staan, wat altyd teen die lig van die waarheid sal stry. En so het `n byna ondeurdringbare nag oor die mense uitgesprei, omdat leuen en dwaling gelyk staan met duisternis. Maar vir My ligdraers word dit buitengewoon moeilik gemaak om die geestelike duisternis te deurbreek, omdat die mense al so verblind is, dat hulle die ware lig nie meer kan herken nie.
Daarom sal `n magtige "lig" verskyn wat van My en My wederkoms in die wolke sal getuig. Dit sal getuig van die oordeel en die wegneming van myne op die dag van die oordeel. `n Stralende helder lig (die voorloper) sal verskyn en opnuut My suiwer woord verkondig. Een roepende in die wêreldwoestyn sal te voorskyn kom en die mense uit hulle (geestelike) doodslaap probeer wakker skud. Hy sal diegene te hulp kom wat van My en My werke aan hulle getuig. Hy sal die waarheid van dit bevestig wat deur die werke van My Gees aan die mensdom oorgebring word. Hy sal `n geweldige taal spreek en niemand regverdig wat die duister pad sal bewandel nie. En hy sal die magtiges ook nie vrees nie maar hulle masker van hulle gesig aftrek, hy sal hulle voor skoot stel en hulle ware gesindheid openbaar.
Hy sal stry met die "swaard van die mond", want hy sal aangeval word deur hoog en laag omdat niemand die suiwer waarheid wil hoor wat in ooreenstemming is met die leer wat Ek eens op aarde gepredik het nie. Hy is dus My afgesant deur wie se mond Ek Self spreek wat slegs sy laaste missie op aarde sal vervul, naamlik om My en My koms nog eenmaal aan te kondig soos wat dit geskrywe staan.
Wanneer die "lig" gaan straal sal u weet dat My koms op hande is en ook die oordeel. Dan sal ongewone dinge ook deur hom plaasvind. Hy sal maar weinig geloof vind en slegs hulle wat geestelik ontwaak het, sal hom en sy missie herken. Vir die geestelike swakkes sal hy egter `n buitengewone sterkte en hulp wees, want sy woord sal vol krag wees.
Die laaste fase van die aarde het dan ook gekom, en die heftigste teëstander van hom sal hy wees wat die mense tot heerser uitgeroep het, waarin My teëstander homself sal beliggaam om die laaste skandelike werk teen My te onderneem. Want nou sal die geloofstryd ontbrand en myne sal in die "lig", wat Ek Self na die aarde sal stuur, `n groot steun hê. Hulle sal baie krag ontvang om stand te hou in die tyd van die grootste nood wat My koms voorafgaan. Ek laat u, My getroues, nie sonder hulp nie, en sodat u sterk kan bly kondig Ek vir u hierdie "lig" wat roepende is, aan. Ek sal aan die aktiwiteite van My vyand `n einde maak om die waarheid na die uiteindelike oorwinning te voer.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205