Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

OPENBARING HOOFSTUK.16 VERS 18 - STER
BD 7421 - 3 Oktober 1959
`n Geweldige bewing sal die aarde laat skud. Geestelik sowel as aards sal die wêreld voor `n skudding staan, soos die mense nog nooit meegemaak het vanaf die begin van hierdie tydperk nie. Maar dit is voorspel, want dit is die inleiding tot die einde wat nie lank daarna sal volg nie. Die tydsduur is nie meer lank nie en steeds dringender word u daarop gewys, omdat u elke dag nog sal moet benut om u siel ryper te laat word, want die tyd vlieg en u gaan u einde met rasse skredes tegemoet.
En dan volg `n eindelose lang nag vir al diegene wat die dag nie gebruik het om vir sy sieleheil te werk nie, want slegs min sal die laaste einde oorlewe en die nuwe aarde mag bewoon, slegs min sal standhou in die laaste stryd op hierdie aarde.
Weereens word die tekens van die einde aan u mense voorgehou en die laaste geweldige teken sal die groot aardbewing wees. U is alreeds gesê hoe dit tot stand gaan kom: Dat `n ster (hemelliggaam) homself uit sy baan gaan losmaak en met reusagtige snelheid op die aarde sal afpyl. Dat u nog niks daarvan af weet nie, is as gevolg van die groot afstand wat die ster nog moet aflê, voordat hy in die gesigsveld kom van hulle wat hom sal waarneem.
Maar dan sal die opwinding ook groot wees, want elkeen sal nou die gevaar besef waarin die hemelliggaam aarde haarself daardeur bevind, maar niemand sal iets kan doen om die gevaar te besweer nie. En die laaste tydperk, aangesien u nou daarvan op die hoogte is, moet u besonder goed benut, want geeneen van u sal weet of hy die gebeure sal oorlewe nie, geeneen van u sal weet welke deel van die aarde getref sal word nie en niemand moet daarop reken dat dit by hom sal verbygaan nie.
Dit is die laaste waarskuwende stem van God wat Hy nog laat weerklink voor die einde, om juis voor die einde geloof te vind en tewens `n ommekeer te bewerkstellig van die weiniges wat nog nie heeltemal `n prooi van die teëstander geword het nie. Dink nie lighartig oor al die voorspellinge nie, laat u nie van u sienswyse bring deur die werk van die skynbare opbou wat u in die wêreld gadeslaan nie, maar weet dat die skaduwee van die vernietiging reeds opdoem, dat daar nie meer langer tyd oorbly totdat u op hoogte sal kom van die onheil wat u in die vorm van `n ster nader nie.
Hy word uit sy baan geslinger, omdat dit God se wil is dat die aarde deur `n bewing geteister sal word, wat nog mense moet en kan red wie se wil goed is. Aan voortekens van die naby synde einde sal dit waarlik nie ontbreek nie, maar die voortekens sal `n geweldige uitwerking hê en baie mense sal daarby die lewe inskiet. En niemand kan homself daarvoor doof hou nie, want dit is te geweldig dat dit nie op alle mense indruk sou maak nie.
Die resultaat is net verskillend, want die mense sal deels hulle swak geloof laat oplewe en hulleself weer aan God gee, maar deels ook die swak geloof verloor en hulleself na die teëstander keer, wat in `n vergrote jaagtog na materiële besit, meestal op onregmatige wyse tot uitdrukking sal laat kom. En daar sal baie nood wees onder die mense. En dan bewys die ware krag van die geloof hulle wat hulp beteken vir die mens wat homself gelowig slegs aan God toevertrou. Want Hy sal al diegene help wat van Sy wil is, wat ook in hulle grootste nood net aan diegene dink wat hulle kan help. En die tyd sal begin waarin nog goeie arbeid in die wingerd verrig moet word om al diegene te hulp te kom wat nog swak van gees is en wat versterking van hulle geloof moet kry. Want daarna volg die tyd van die laaste geloofstryd wat nog `n laaste beslissing van die gelowiges sal vereis. Maar wie volhou tot die einde sal salig word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205