Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

HERNUDE KLUISTERING IS `N GEVOLG VAN DIE GEESTELIKE DOOD
BD 7951 - 30 April 1960
Die geestelike dood vereis `n kluistering in die materie, dit wil sê, `n geestelike wese wat ten prooi geval het van die dood, wat in die dood bly steek, en moet weer in die harde materie ingekap word om langsaam weer tot lewe te kom.
Sodra die geestelike nog `n klein vonkie lewe in homself het, word alles probeer om hom verder na die lewe te lei, en dit kan ook tot gevolg hê dat die wese dan die kluistering in die materie gespaar bly, sodat hy tog langsaam tot lewe sal kom, al is dit ook eers na `n eindelose lang tydperk. Maar dit kan ook wees dat die wese volkome verstar het, dat hy steeds verder sal wegsink in die diepte wat baie siele in die ryk hierna toelaat. Dan word die geestelike substansie van die wese opgelos en weer in die harde materie van die skepping op die aarde ingesluit. En hy moet `n uiterste kwellende weg gaan om weer tot lewe te kom.
En net so kan die mense op die aarde in die eindtyd in hulle geestelike toestand afsink, hulle kan in vrye wil steeds meer op die dieptes afstuur, hulle kan hulleself heeltemal oorlewer aan die Heer van die duisternis en sy diens aanhang en selfs in uiterste duisternis versink. En dan is dit ewe-eens noodsaaklik om die siele op te los in ontelbare partikeltjies en weer in te sluit in die skepping; en hulle moet weer die weg van die positiewe ontwikkeling gaan deur tallose omvormings, totdat hulle weer ontwaak tot die lewe.
En dan het die geestelike dieptepunt ingetree, aan die eindtyd is die geestelike dood duidelik sigbaar en sowel op aarde asook in die hiernamaals word alles onderneem om nog enkele vonkies lewe aan te wakker, om die lewe wat nog voorhande is, te versterk en te verhinder dat dit weer die dood ten prooi val.
Want dit is `n tyd van eindelose kwellinge waaraan die geestelike dan weer blootgestel word, wanneer hulle opnuut in hierdie vorm gekluister word. En die Liefde en Erbarming van God geld ook vir die wese wat die allerdiepste gesink het en Hy sal hom daarteen wil behoed. Maar waar Hy die vrye wil van die geestelike wese laat staan, moet die verlossingsplan van God deurgevoer word, waarvolgens hy `n hernude kluistering in die materie nie sal kan omseil nie. Sou die mense presies daarmee bekend gewees het, dan sou hulle waarlik alles daarvoor gedoen het om die geestelike dood te ontvlug. Maar hulle neem nie die kennis daaroor aan nie, hulle glo nie in `n voortlewe hierna nie, hulle glo nie daaraan dat u self voor God verantwoording sal moet doen nie, en hulle glo ook nie aan `n God en Skepper nie, wat eendag verantwoording van hom gaan eis nie. Maar die "ek" kan nie meer vergaan nie en ooreenkomstig sy toestand is sy verblyf in die dood, slegs dat u in die dooie toestand nie meer van uself bewus is nie, maar dat slegs die kwellinge van die gekluisterde toestand te bespeur sal wees, omdat hy as oorspronklike vry geestelike wese geskape was. Hy kan egter ook nie in sy dooie toestand verplaas word daar waar lewe is nie, omdat hy die toestand van dood vrywillig gekies het en daar nou aan sy wil gevolg gegee word.
Die vrye wil is ewenwel `n staat van geluksaligheid, die gekluisterde toestand `n toestand van kwelling. En as mens kies die wese sy toestand self. En die Liefde en Wysheid van God laat hom sy vryheid toe, maar help hom op elke denkbare wyse om as mens die ewige lewe te bereik soos Hy die wat ook deur die verbanning in die materie weer op lyn help, sodat die dooies weereens tot lewe kan ontwaak. Die Liefde van God geld vir al die eens gevalle geestelike, Hy volg hulle ook in die diepte en help hulle weer hoër op, maar Hy is heel besonder werksaam in die tyd waarin die wese weer sy ‘ek’ bewussyn en sy vrye wil teruggekry het in die tyd as mens, wat die aanvanklik nog dooie toestand verander in `n toestand van lewe. Maar die vrye wil van die mens bly onaangetas, dit word eerbiedig, en sy vrye wil bepaal of die wese definitief sal vrykom van sy uiterlike vorm of dat sy vorm homself weer sal verdig, sodat dit weer in die harde materie sal terugkeer. Dan het die wese die geestelike dood ten prooi geval en is `n eindelose lang tyd daarvoor nodig, totdat hy homself opnuut in die barmhartigheid van die beliggaming (as mens) bevind en vir homself die lewe kan verwerf.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205