Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

AANKONDIGINGS DEUR SIENERS EN PROFETE
2 Mei 1947
Wat Ek vir u mense deur sieners en profete laat verkondig, moet ernstig opgeneem word. So is My Wil, en wanneer u My Wil vervul, neem dan nie lou en onverskillig aan wat My Liefde u bied nie. En u is onverskillig wanneer u My woord wel aanhoor, maar nie u lewe egter inrig ooreenkomstig My voorsegging nie, wanneer u nie ernstig `n verandering van u wese nastreef en My gebod van die liefde nakom nie. Deur My aankondiginge wil Ek u waarsku teen `n nuttelose lewe, Ek wil u aanmaan om die tyd wat nog oor is, vir u te benut tot aan die naby synde einde, Ek wil u aanspoor om geestelik te strewe en al u gedagtes geestelik te stuur, sodat u heeltemal ryp kan word gedurende die tyd wat u nog op aarde gaan vertoef.
As u egter My woord, My profesieë nie ernstig gaan opneem nie, laat u al My aanwysinge van u ore wegsterwe en My aanmanings en waarskuwings was tevergeefs. En wanneer die uur sal kom waarop u weggeroep gaan word, sal u slegs op `n geringe getuienis van `n goeie lewe kan aanspraak maak, want u het op aarde gefaal en My liefdevolle Vaderhand nie aangegryp toe dit vir u aangebied was nie.
As u `n geestelike begeleier het, sal u uself ook onvoorwaardelik aan hom moet toevertrou, want hy lei u seker korrek. Maar nou in die eindtyd wil Ek Self u Leier en Begeleier wees en as u maar `n bietjie vertroue aan My wil skenk, hoef u waarlik nie meer self vir uself te sorg nie, nóg liggaamlik nóg geestelik, want die sorg neem Ek Self oor, en u sal slegs daarop moet let dat u voortdurend krag van My in ontvangs sal neem, wat u die weg hoër op sal verseker.
En hierdie krag kan slegs na u toe kom in die vorm van My woord. As u uself nou deur die woord op hoogte stel van wat gaan kom, is dit `n baie groot barmhartigheid vir u, want u het nou die moontlikheid om My geneentheid vir u te verwerf deur `n korrekte lewenswandel, in so 'n mate, dat Ek nooit meer van u sal weggaan nie, dat Ek u sal vasgryp en hoër optrek.
Maar nou laat Ek dit baie dringend weerklink, omdat u nie meer `n lang tyd meer oor het om u siel te verander nie. En daarom kom Ek met elke openbaring, met elke kennisgewing, nader na u toe en roep u, en as u die stem van die Vader herken, sal u ook gevolg daaraan gee, u sal net soos verdwaalde skape let op die stem van die goeie Herder, u sal Sy roep in ag neem en dit sal u grootste wins wees. Maar wie geen ag sal slaan op My stem nie, sal ook moeilik verbinding met My kry en as die oomblik van die einde nou gekom het, sal hy swak wees en sy blik nie na die hemel rig nie, omdat hy nog te veel aan die aarde gebonde is. En dit wil Ek van u afwend, Ek wil u help en stuur aan u daarom steeds weer My woord uit die hoogte en tesame ook die motivering van My woord, sodat u dit steeds ernstig sal neem, sodat u dit sal hoor en lees waartoe u meer geleentheid gegee word.
Glo My woord, glo dit, dat daar nie baie tyd meer oor is tot aan die einde nie, sodat u in alle erns `n begin kan maak met die arbeid aan u siel, omdat daar nog baie barmhartigheid vir u voortvloei, want die tyd is baie ernstig en dit is dringend nodig, dat u dink dat die einde u gaan verras en u geen tyd meer het voor u eintlike einde op die aarde nie. Luister na My en glo My woord en dit sal u altyd en ewig met krag vervul. Ek sal Myself oor u kan ontferm, sodra u My sal soek in u gedagtes. En u sal al die moeilike dinge kan baasraak, omdat dit My Wil is dat baie krag aan diegene toevloei wat hulle geloof aan My Mag en liefde bewaar en Ek help hulle om geestelik vooruit te gaan.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205