Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE LAASTE UUR VAN DIE AARDE
BD 8011 - 1 Januarie 1962
Die laaste uur van die aarde kom steeds nader. Hierdie woorde beteken vir u mense nie baie nie, want u glo nie dat u so naby voor die einde staan nie. Maar Ek kan u geen dwingende bewys gee terwille van uself nie, want u sou van angs nie meer in staat wees om u lewensopdrag te vervul nie. Dus u kan dit glo of afwys, maar u lot sal wees volgens u geloof wanneer die uur gekom het.
My verlossingsplan is sedert die ewigheid vasgestel. Die diepste liefde en Wysheid vir My skepsele het My laat besluit om die plan vas te stel en sal My ook beweeg om dit ten uitvoer te bring, omdat die tyd vervul is. My Wese is vir ewig onveranderlik, en wat Ek eenmaal nodig ag en nog suksesvol van My geskeide wesens wil doen, sal Ek ook doen en My nie deur mense laat oorreed om My plan te verander nie. Want die plan word opgestel vanweë die wil van die mense, omdat Ek sedert die ewigheid voorsien het dat die mense op die aarde nie meer in staat sou wees om hulle wil te verander nie.
My planne en handelinge is nie willekeurig nie, maar onmeetlike Liefde en Wysheid beweeg My tot alles wat daar voorval. Dus is daar geen rede om van My verlossingsplan van die ewigheid af te sien nie, aangesien Ek alles tot in die kleinste toe deursien het. Daarom weet Ek ook dat daar geen sukses te behaal sou wees nie, sou Ek My verlossingsplan verander of tydelik wysig. En u mense moet bedink dat daar vir u waarlik genoeg tyd ter beskikking was en u uself nie verander het nie omdat u nie in My glo nie. En al sou u nog meer tyd ter beskikking gehad het, u sou uself tog nie verander het nie. Dus sou `n uitstel van die einde heeltemal sinneloos en doelloos wees, want dan sou myne tog nog die gevaar loop om aan My teëstander ten offer te val, as Ek hom nie sou kluister soos dit bepaal is nie.
As u My grootste Wysheid en diepste Liefde ken, sal u ook nie vra om `n afwending van die einde van die aarde nie. Want u sal die komende tyd tegemoet sien met `n vol vertroue in My Liefde, wat elkeen sal beskerm wat aan My wil behoort en wat ook waarlik My Mag sal gebruik as dit gaan om myne in moeite en gevaar te help.
En al wil u mense nie glo dat die tyd vir u ten einde loop nie, reken tog met die moontlikheid dat u plotseling van die aarde af opgeroep kan word. U weet dat u nie self die lewe kan verleng nie en dat u self ook nie weet wanneer die laaste dag vir u gekom het nie. Hou rekening met die dood wat u nie kan teenhou nie en dink daaraan wat dan met u siel, wat onverganklik is, sal gebeur. Dit is u eintlike "ek" oor wie se lot u self beslis het in u aardse lewe. Maar u glo ook nie aan `n voortlewe van u siel nie, en daarom is u almal in groot nood vanweë u ongeloof. Want wat sal My verhinder om ten uitvoer te bring wat verkondig is in woord en geskrif.
Die tyd is vervul, en elke dag is nog `n barmhartigheid as u van goeie wil is. Maar verlaat u nie op valse profete wat `n einde ontken nie, wat glo om My tot `n ander mening te kan bring. Hulle spreek nie in My Naam nie, maar is `n instrument van hom wat u in die duisternis van gees wil hou en daarom die mense wil laat glo dat hulle nog onbegrensde tyd het. Die mense glo eerder die valse profete en soek hulle vervulling slegs in `n luukse lewe. Hulle dink egter nie aan hulle siel, wie se bestaan hulle betwyfel of verloën nie.
Dit sal gebeur soos wat dit vroeër verkondig is. Ek sal Self in die wolke kom om myne weg te neem, voordat die vernietigingswerk aan die ou aarde begin. Daar sal geen steen op die ander bly nie, want die aarde moet hernu word. Daar sal `n nuwe aarde ontstaan, `n paradysagtige skepping wat al die nog onontwikkelde geestelike weer sal opneem wat vry geword het by die verwoesting van die ou aarde, en `n nuwe omvorming nodig sal hê om verder te kan rypword. En die nuwe aarde sal tot verblyfplek dien vir hulle wat My trou gebly het tot die einde, want hulle het die graad van rypheid bereik wat hulle `n ingaan in die ligsfere moontlik maak, en wat daarom ook die paradys mag bewoon. Dit sal vir hulle waarlik dieselfde salige toestand beteken asof hulle hulle liggaamlike omhulsel afgelê het en in My geestelike ryk sou ingegaan het.
Hulle moet My as stam van die nuwe mensegeslag dien, en dan kan `n nuwe verlossingsperiode weer begin met geestelike ryp mense, wat dan ook die nog gekluisterde geestelike in hulle omgewing tot `n vinnige rypwording sal help. Hulle sal so innig deur die liefde met My verbonde wees, dat hulle hulle kinders en kindskinders weer daardeur tot liefde sal opvoed, en sal kan getuig van die glansrykheid van hulle God en Skepper. En so sal die verlossing uit die vorm vinniger kan plaasvind, omdat Ek in Jesus (geestelik) lewend onder hulle kan vertoef, omdat alle mense wat dan die nuwe aarde sal bewoon, hulleself sal toevertrou aan hulle goddelike Heiland en Verlosser, Jesus, en in die bewussyn van hulle oerskuld bewustelik die weg na Hom toe sal gaan, aangesien elke weerstand dan gebreek is. Want elke mens sal dan die weg bewustelik na My toe teruggaan, sodat Ek Self by hom kan vertoef, aangesien sy groot liefde vir My dit sal toelaat.
Dit is dus die duisendjarige ryk waar die oorwinning oor Satan sigbaar sal wees, want hy kan en sal geen mens meer kan bedreig nie, omdat elkeen homself volkome van hom vrygemaak het, en die terugkeer tot My dan volbring het. Hy het dan geen toegang meer tot My ryk nie, totdat hierdie salige tyd weer langsaam sal verander, en die mense weer `n neiging tot die materie sal vertoon. Daardeur sal My teëstander se kettings weer verbreek word en sy invloed sal weer merkbaar word.
Maar voordat hierdie tyd sal aanbreek, sal baie van die vergeestelikte as heeltemal verlos My ryk binnegegaan, en Ek sal `n goeie oes behaal het. En dan begin daar ook weer die stryd met My teëstander oor die siele, maar Ek sal oorwinnaar wees. Steeds sal Ek weer siele van hom ontworstel, en sy magsbasis, waarin hy die sterk is, verklein.
Steeds sal hy weer self daartoe bydra dat die verlossing van die gevallenes deurgaan, want wat van My is, gee Ek nooit as te nimmer op nie, al is Ek ook ewighede daarmee gemoeid. Die gevallenes sal eenmaal na My toe terugkeer en sal dan met My verbonde bly tot in alle ewigheid.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205