Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

LIGVERSKYNSEL AAN DIE HEMEL -KRUIS VAN DIE CHRISTUS
30 Junie 1947
U moet let op die verskynsels van die eindtyd. En so sal u spoedig veranderinge in die natuur raaksien, u sal `n sonderlinge kragtespel kan waarneem, `n verskynsel wat u aan die dink sal sit, wanneer u dit sal beskou met die korrekte instelling tot My, die Skepper, wat hierdie verskynsels ook laat plaasvind om die opmerksaamheid van alle mense op Myself te rig.
En dit sal u opval hoe min mense die korrekte instelling teenoor My sal hê, hoe hulle trag om self alles aards te verklaar en ook nie erg beïndruk word deur buitengewone verskynsels nie. Dit sal `n ligverskynsel wees wat homself oordag sal laat sien, wat sonder voorafgaande aankondiging aan die hemel sigbaar sal wees en geen ander uitleg toelaat as om te wys op die verlossingswerk van die Christus nie, want die verskynsel sal die vorm van `n kruis hê met die onmiskenbare gelaat van die Verlosser.
En die ligverskynsel sal aanleiding gee tot baie debatte, en dan moet My dienare hulleself voorberei, want die verskynsel is die inleiding, dit is in `n sekere sin vir alle mense bestem, want dit sal deur alle mense gesien kan word. Maar hoe verskillend sal daarna gekyk word, hoe weinig begrip sal mense toon daarvoor! Ek laat `n sigbare teken aan die hemel ontstaan en vind nogtans te min aandag. Ek bring die verlossingswerk vir hulle onder die oog, sodat hulle kan glo in Jesus Christus en salig kan word, maar die geloof aan Hom is al so goed as verlore en word ook nie meer deur die ligverskynsel gevind of versterk nie. Want die mense is heeltemal te wêreldsgesind en wil nie glo nie, omdat hulle elke verantwoordelikheid van hulleself sou wil afwentel, maar dit nie sou kon doen as hulle in Jesus Christus sou glo nie.
En so sal ook die ligverskynsel weer vir weinig mense `n teken uit die hemel, `n teken van die eindtyd, wees. `n Innerlike onrus oormeester egter wel die mense, maar slegs vir `n kort tydjie, dan wyk hulle gespanne aandag vir die verskynsel op sigself.
Dat die naby synde einde daarmee sal saamhang, sal hulle nie glo nie en sal maar net die gelowiges bespot, wat die voorspelling van `n naby synde einde, en dat hulle hulleself daartoe moet bring om hulleself op die einde voor te berei, bekend maak. Hulle sal weinig geloof vind en sal nie mag verslap in hulle arbeid vir My ryk nie, want sulke geleenthede is `n besondere barmhartigheid vir die mense op aarde, sodat hulle hulleself sal besin en die gedagte in oorweging sal neem dat bonatuurlike kragte wil inwerk op die mense deur natuurverskynsels van buitengewone aard, en dat die verskynsel deur My gewil is om die aandag van die mense te rig op die einde.
Die wetenskap sal `n verklaring daarvoor gee en dit sal ook aangeneem word, maar wie se strewe na `n geestelik oordeel is, sal My daarin herken en hy sal jubel en juig weens die naby synde einde, want die wêreld het hom niks meer te bied nie, maar sy hart is vol hoop oor die lewe na die dood en hy sien reikhalsend uit na die laaste uur wat hom ook verlossing sal bring uit aardse nood, soos wat Ek beloof het, dat Ek sal kom in die wolke om Myne na My toe te roep in My ryk. Hy sal dan weet dat die uur ook gekom het wanneer die aardse nood aangroei en daar geen aardse hulp meer te verwag is nie. Dan verkort Ek die dae, sodat Myne My trou kan bly en kan standhou tot aan die einde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205