Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

AARDROTASIES – AARDSKOKKE
23 Junie 1948
Al `n geruime tyd beweeg die aarde haarself met ongelooflike snelheid om haar eie as. Die voortdurende omwentelinge is vir die mens weliswaar op geen enkele wyse duidelik sigbaar nie en wel omdat hy homself op die aarde bevind en die (omwentelinge) slegs buite die aarde sou kon nagaan. Tog is daar veranderinge in die kosmos merkbaar wat sulke verskynsels as oorsaak het.
Dit is soos `n reëlmatige bewing wat swakker of sterker te bespeur is, wanneer die liggaam homself in `n rustoestand bevind en dan vir die kleinste beweging gevoelig is. Die verskynsel lei tot die totale uiteenval van die aarde na `n ondenkbare lang tyd, maar word egter bevorder deur menslike inwerking, om welke rede die beëindiging van hierdie tydperk op menslike invloed teruggevoer kan word, ofskoon dit sedert die ewigheid voorsien is in die goddelike plan.
Op haarself beskou het die aarde `n onvoorstelbare lang lewensduur, dit wil sê, haar bestaan sou vir `n eindelose tyd verseker gewees het. Maar God se Wil laat homself ook rig deur die menslike wil, God laat die mense uitvoer wat vir hulleself tot die grootste nadeel uitval. In Sy plan van die ewigheid is alle veranderinge in die kosmos vasgelê in ooreenstemming met Sy Wysheid en Liefde. Maar van `n verandering met onvoorstelbare uitwerking wil die wetenskaplik geskoolde mensdom niks weet nie en tog word dit voortdurend voltrek. En `n verandering van `n baie vinnige rotasie van die aarde sal ook gebeure in die natuur in werking stel, wat sedert die begin van die verlossingsperiode verkondig is deur sieners en profete en nou ook weer geopenbaar word deur die Gees van God. Die proses is vir die mens nie regtig begryplik nie, maar eenvoudig gesê sal die draaiing van die aarde toeneem en vir sekondes ophou, wat in die vorm van aardbewings tot uitdrukking sal kom, wat so 'n ontsettende uitwerking sal hê dat die mense sal glo dat "die einde van die wêreld" gekom het. `n Vergelyking daarmee kan nie op aarde gevind word nie, want dit is `n uiting van krag wat van die heelal uitgaan en onbekend is aan die wetenskap.
Die gesteldheid van die hemelliggame plaas sulke kragte in werking en die binnenste van die aarde word daardeur getref en die aarde word dus as te ware deur kragte buite die normale wette in beweging gebring, wat homself sal uiter as `n verwoestende vorm, wat egter tydelik deur God toegelaat sal word, ten dienste van die uiteenval van die hardste materie, wat die gekluisterde geestelike in haar moet vrylaat.
En die handeling staan spoedig voor die deur, maar sal slegs die spel van enkele sekondes wees, dog met voorafgaande aankondiging wat alleen al as `n katastrofe te bestempel is, omdat dit `n onbeskryflike paniek onder die mense teweeg sal bring en daarom tot die tydsbestek van `n katastrofe gereken kan word. Maar alles is voorbestem sedert die ewigheid en God se plan sal in vervulling gaan, soos wat dit geskrywe staan.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205