Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

(KENNISGEWING) OP DIE TEENWERPING: DAAR BESTAAN GEEN GOD WAT DIÉ GEBEURE TOELAAT NIE
2 Desember 1948
My heerskappy en werksaamheid sal steeds onbegryplik bly vir die mense wat nie met My verbonde is nie, want Ek kan nie aan hulle die beweegredes uiteensit wat My daartoe bring om die mense hulle gang te laat gaan as hulle wil sondig nie. Alles wat Ek doen, alles wat Ek agterweë laat of verhinder, het sy rede wat u mense nie weet nie, en ook nie sonder `n verklaring sal begryp nie. Maar die uitleg kan Ek alleen maar gee onder bepaalde voorwaardes; soos trouens alles wat gebeur, aangepas is aan die ewige ordening, waarvan Ek Self die Wetgewer is
Ek sou die mense wel kon verhinder om slegte dade te bedrywe, Ek sou hulle kon straf of hulle tot stom knegte van die geregtigheid maak, maar dan sal hulle wil onvry wees, hulle sou nie in staat wees om self te wil en (ook) nie om self te kan handel nie en hulle sou dan nooit meer volmaak kon word nie, dit wil sê: ondanks die moontlikheid om sleg te wees, die goeie te kies en bygevolg blyke te gee van die wil wat na My toe gewend is. Ek laat die drifte van die mense dus sy vrye loop neem. Dat die mensdom homself nou vir `n eindelose lang tyd oorwegend laat saamsleep om sleg te handel, wat `n duiwelse invloed verraai, is maar net die bewys daarvoor dat die hele mensdom die vrye wil sleg gebruik, dat hulle dus die moontlikheid om hulleself na die goeie te keer, nie benut nie en dus teen My wet van die ewige ordening ingaan.
(3 Desember 1948) Maar Ek sal dit tog doen en eers halt roep wanneer die maat van slegtigheid sy grens bereik het, as daar geen moontlikheid meer bestaan dat die mense wil verander nie, dat hulle wil nog `n ander rigting gegee kan word, dat hulle hulleself na My, dus na die goeie wil keer. Maar solank die moontlikheid bestaan dat die een of ander homself kan besin, dat hy self bewus kan word van die doel van sy lewe op aarde, laat Ek dit toe wat mense in hulle haat en liefdeloosheid wil uitvoer, sodat hulle self deur die uitwerking van hulle handelinge die bose kan insien en leer om dit verafsku, sodat hulle vrywillig kan verander.
Bowendien het die tyd aangebreek waarin die Satan groot mag sal hê. Nie dat hy My Mag en Krag oortref nie, maar veeleer ook dat sy laaste tyd aangebreek het, wat hy gebruik om sy ryk, en sy mag te vergroot, omdat hy weet dat hy nog maar weinig tyd oor het, maar in sy geestelike duisternis en arrogansie glo hy dat hy My van die troon kan afstoot.
Wie nie op hoogte is van die allereerste begin en einddoel van alles wat geestelik is nie, van My verlossingsplan van die ewigheid af, van sin en die doel van die skepping en sin en die doel van die lewe op aarde nie, hy sal ook die gedagte aan `n sterk teëstander van My as absurd beskou, maar hy kan glo dat tweërlei kragte met mekaar in stryd is, dat goeie en bose kragte stry om die opperheerskappy, dat die kragte nou altyd aan `n sterk wil onderworpe is, dat die wil van oudsher slegs van `n wese uitgaan. Hoe hy nou die wese noem, dit maak nie saak nie, dog hulle (die kragte) is werksaam in die oneindigheid, ofskoon hulle arbeidsveld totaal verskillend is en onbegrens deur My en binne die perke gehou word deur My teëstander, wat ook ondanks sy mag van My Wil afhanklik is. Dat daar `n stryd gevoer word tussen goed en kwaad is duidelik; waarom dit gevoer word, kan slegs aan die geestelik gewekte, die mens wat sterk na die waarheid verlang, begryplik gemaak word, maar hy kan te alle tye `n volkome ware verklaring bekom wat hom sal oortuig, as hy daarna streef en My daarom vra.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205