Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE SATAN GAAN ROND SOOS `N BRULLENDE LEEU - WAAK EN BID
5 April 1949
Waar Ek weet dat `n kind in nood is, is My Liefde bereid om alle hulp aan te bied en Ek sal hom red uit die mag van hom wat My teëstander is en die vyand van My kinders. Waar `n siel worstel en My Wil probeer vervul, hoef die mag van My teëstander waarlik nie gevrees te word nie, want Ek is vol sorge en bekommer My oor hulle wat na My toe wil deurdring. En Ek verlaat My kinders nie in hulle nood nie en Ek sal `n (geestelike) muur rondom hulle oprig, waar niemand kan oorklim nie, tensy Ek Self die poort sal open en (My hulp) na u toe lei.
Die Satan gaan rond soos `n brullende leeu, soekende wie hy kan verslind. Dink aan My woorde en verwonder u nie, want die tyd van die einde het gekom, terwyl hy weet dat hy nie baie tyd meer het nie en waarin hy met alle kragte werk aan die ondergang van My skepsele, waarin hy middele aanwend wat aan hom sukses moet besorg. En Ek sê u dat u moet waak en bid, sodat u nie in die hande val van die verleier nie. Hoe dikwels het Ek u nie gewys op die gevare waarin u verkeer nie, want daar begin `n hewige stryd tussen die kragte van die lig en die duisternis. U almal sal die stryd aan u lywe ondervind, maar in die besonder diegene wat `n geestelike lewe lei langs die aardse. Want hulle loop rond, gedagtig aan My, en lok veral daarom die vyandelikhede van My teëstander uit en hy wil hulle werke stop.
Sy manier van stryd voer is dikwels suksesvol, omdat hy die swakhede van die mense ken en hulle daarin oormeester. Maar onmeetlik baie barmhartigheid staan u mense ter beskikking. Met My hulp sal u die sege oor hom kan behaal. Vrees hom nie, maar tree hom moedig tegemoet, weet dat u sterk is en onaantasbaar as u My liefhet en in stilte `n gedagte na My opstuur dat Ek by u sal bly in die stryd teen hom. En hy sal vlug voor u omdat hy My nabyheid nie kan verdra nie. U is sterker as hy, sodra u met My ten stryde trek.
Ek het geen deel aan diegene wat steeds uit die onderwêreld te voorskyn kom nie. Ek bly by My kinders, wat hulleself vrywillig aan die Vader ter beskikking stel, wanneer hulle Hom gehoorsaam, sodra Hy aan hulle Sy Wil voorlê wat die arbeid in Sy wingerd betref. Ek noem hier My kinders wat die stem van die Vader herken en let op Sy (op)roep en wanneer Ek hulle take gee, heeltemal bereid is om hulleself vir My uit te sit, dus onderrigtend werksaam te wees, sodra Ek hulle as onderwysende krag oplei.
Wie nou soos My kind aangeneem wil word, moet dan ook as `n kind na die Vader gaan en van Hom af die aanwysinge vir homself inwin vir sy lewensweg. En as Ek nou vra dat My leer (van die Liefde) verbrei word, as Ek Self deur die stem van die Gees My leer na die aarde laat kom, dan moet die leer heilig wees vir hom en hy moet haar as suiwerste waarheid uit die hemele aanneem en hoogskat. Want dan sal dit vir hom ook steeds die beste en mees heilige bly, dat hy dit nie meer sal weggee nie, omdat dit krag is van bo, wat onwillekeurig ook omhoog trek. Maar om My gawe op te offer beteken `n ernstige oortreding teen die gehoorsaamheid wat `n kind My verskuldig is en kan bygevolg nie tot verlossing strek nie. En dan sal u die invloed van die teëstander kan besef en u sal u daarteen moet beskerm.
Daarom maak Ek u opmerksaam en dui vir u die tekens aan waaraan u hom sal kan herken: Hy sal soos `n engel verskyn by hulle wie se geloof nog swak is en hulle verblind, en hulle oë sal swakker en swakker word en uiteindelik nie meer die korrekte insien nie, omdat hulle al te gewillig na hom luister en hulleself deur sy masker laat bedrieg. Maar hy het net mag oor u, sodra u twyfel aan die suiwer waarheid. Dan maak hy gebruik van u onsekerheid en voer u op dwaalweë. Want hy gaan rond soos `n brullende leeu, soekende wie hy kan verslind. U moet egter waak en bid sodat u nie in sy bekoring val nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205