Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

OMVORMING VAN DIE AARDE IN `N OOMBLIK. DIE WONDER VAN DIE SKEPPING
18 Julie 1949
Die handeling waardeur die aarde omgevorm sal word, is vir u mense nie te begryp nie, want dit sal nie gebeur binne die kader van wetmatigheid soos wat elke aardse skeppingswerk tot nou toe langsamerhand deur 'n positiewe ontwikkeling ontstaan het nie, inteendeel sal dit die werk van `n oomblik wees; afgesien van die vernietiging wat vooraf gebeur het, wat alle skeppings op die ou aarde betref het en wat, omdat dit homself afgespeel het voor die oë van hulle wat daaraan ontruk was en ook nog aanvanklik deur die mense gesien was wat die vernietiging ten prooi geval het, sy eie tyd gehad het, soos wat die natuurwet dit vereis. Mense kon dus die verloop van die vernietigingswerk gevolg het en daarom het God nie teen die wet ingewerk nie, terwyl die opnuut vorming van die aarde `n werksaamheid van God in die universum is, wat vir geen menslike oog te sien sal wees nie en daarom het God ook geen tyd daarvoor nodig nie, maar Hy sal alles wat die krag van Sy Liefde en Sy Wysheid laat realiseer, in `n oomblik ontstaan.
Die mense wat op die nuwe aarde geplaas gaan word, sal dus `n kant en klaar skepping aantref, van `n buitengewone bekoorlike veelsydigheid. Skeppings wat hulle oë nog nooit gesien het nie, en hulle sal hul verwonder, te meer, omdat hulle hulleself nog kan herinner aan die skepping van die ou aarde en voortdurend vergelykinge daarmee sal maak. Hulle sal hulleself werklik terugvind in die paradys, lewend in volledige harmonie met hulle goddelike Skepper en VADER, deur Sy Liefde versorg, gelei en onderrig in alles wat vir hulle vreemd is. Soos `n groot familie sal die verhouding tussen die mense onderling wees en die strewe van almal sal wees om die Liefde van die hemelse Vader te verwerf, te lewe volgens Sy welgevalle en om in dienende naasteliefde werksaam te wees.
Die tydsduur van hulle afwesigheid van die ou aarde en die oponthoud na hulle wegneming sal hulle nie kan skat nie, want die begrip tyd sal by hulle ontneem word totdat hulle teruggeplaas sal word op die aarde, om welke rede hulle ook geen houvas sal hê in welke tydsbestek die nuwe aarde ontstaan het nie. Maar hulle sal ook weet dat daar geen ding by God onmoontlik is nie en beskou derhalwe ook `n skepping in `n oomblik as waarskynlik, om welke rede hulle liefde en verering vir God steeds sal toeneem en hulle geluksaligheid groter sal word by die aanskouing van die wonderwerke wat getuig van God se Liefde, Wysheid en Almag en Wie die mense duisendvoudig skadeloos stel vir die ellende en die leed in die laaste tyd van hulle bestaan van die ou aarde.
God beproef die mense wel swaar, maar Hy beloon hulle ook getrou - salig is hulle wat tot diegene behoort wat die einde op die aarde sal meemaak as skape van Sy kudde, salig die wat die ergste moes verdra en deurstaan het en daarvoor die mooiste inruiling, die paradys op die nuwe aarde met die voortdurende teenwoordigheid van die Vader onder Sy kinders kan erf, salig die wat volhou tot aan die einde wanneer God Self sal kom in die wolke om hulle te kom haal na Sy ryk, na die ryk van vrede, totdat Hy hulle sal terugplaas op die aarde, wat waarlik wonderwerke sal onthul, waarvan geen mens ooit sou kon droom nie, omdat daar niks op die aarde bestaan wat as vergelyking aangevoer sou kan word nie. Maar God se Liefde ken geen grense nie en Sy Wil om te vorm is onuitputlik en bring steeds weer nuwe werke tot stand wat al die voorgaande sal oortref om Sy kinders gelukkig te maak en hulle trou te beloon.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205